Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bakoe (Baku)
Bakoe [boodskap #125832] Di, 14 Mei 2019 20:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Uitsig oor Bakoe se baai.
Uitsig oor Bakoe se baai.
Bakoe is die hoofstad en grootste stad van Aserbeidjan (Azerbeidjan). Die stad lê in die ooste van die land aan die Kaspiese See en het die vorm van 'n amfiteater. Dit is 'n wetenskaplike, kulturele en industriële sentrum in die Kaukasus-streek. Danksy sy ligging in die middel van 'n belangrike olieveld vorm Bakoe die middelpunt van Aserbeidjan se pyplynstelsel. Die stad beskik daarnaas oor 'n beduidende seehawe vir die uitvoer van ru-olie.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.

Vorige onderwerp: Bakker, Ina
Volgende onderwerp: Bakpoeier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 06:39:52 MGT 2024