Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bakhuizen van den Brink, Reinier Cornelis
Bakhuizen van den Brink, Reinier Cornelis [boodskap #125830] Di, 14 Mei 2019 19:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bakhuizen van den Brink (tekening deur Jan Veth).
Bakhuizen van den Brink (tekening deur Jan Veth).
Reinier Cornelis Bakhuizen van den Brink (1810 - 1865) was 'n Nederlandse skrywer en kritikus. Hy het beroemd geword deur sy letterkundige kritieke onder andere in De Gids waarvan hy in 1838 redakteur geword het. Hy was 'n gebore leier wat beskou kan word as die eerste moderne kritikus wat met groot vrymoedigheid sy mening gegee het. Lateraan redigeer hy De Nederlandse Spectator (1854). Behalwe historiese studies soos Cartons voor de Nederlandse Vrijheidsoorlog het hy ’n aantal merkwaardige Novellen (1843) geskryf.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bakgatla
Volgende onderwerp: Bakker, Ina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 07:17:50 MGT 2024