Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bakgatla (Kgatla)
Bakgatla [boodskap #125829] Di, 14 Mei 2019 19:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Bakgatla (kortweg Kgatla) is 'n verskeidenheid van stamme behorende tot die Wes-Sotho- (Tswana-) groep van die Bantoe. Die volgende word onderskei:

• Bakgatla bagaKgafela van Mochudi en Pilansberg; en
• Bakgatla bagaMosêthla van Hammanskraal;
• Bakgatla bagaMmakau van Hammanskraal, Pretoria;
• Bakgatla bagaMotsha van Schildpadfontein, Pretoria.

Die Bakgatla het volgens oorleweringe ontstaan uit die Bahurutshe van wie ’n groep onder hul hoofman Mokgatla waarskynlik reeds om en by die middel van die 18de eeu Midde-Transvaal ingetrek het, waar die splitsing in 4 groepe plaasgevind het. Met die inval van Silkaats was die Bakgatla bagaMosêthla reeds in Midde-Transvaal woonagtig.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bakgalagadi
Volgende onderwerp: Bakhuizen van den Brink, Reinier Cornelis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 06:20:50 MGT 2024