Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » persent
persent [boodskap #125820] Di, 14 Mei 2019 15:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Vyftig persent / 50%
Vyftig persent / 50%
persent
Afbreking: per•sent




Selfstandige naamwoord: persent
Meervoud:

Betekenis:
• (wiskunde) 'n Honderdste deel van iets; 'n getal gedeel deur 100; 'n persentasie.
• 'n Persentasieteken; die simbool %.

Gebruik:
• Hy het net 30 persent vir die eksamen gekry.
• Die aandeel het ondertussen met 'n paar persent gestyg.

Vertaling:
Engels: percent
Nederlands: procent

Nota:
• Die woord "persent" kan met 'n persentasieteken vervang word.
• Pas op om nie "persent" met "present" te verwar nie. Met uitspraak wissel die r- en l-klanke in onbeklemtoonde lettergrepe soms met die vokaal plekke. So kan persent wel as present (iets totaal anders) uitgespreek word.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: andere
Volgende onderwerp: skrywer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 19:11:12 MGT 2024