Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mees
mees [boodskap #125810] Di, 14 Mei 2019 05:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mees
Afbreking: mees




Bywoord: mees

Betekenis:
• Die meeste; in die hoogste mate of aard; die grootste in aantal of hoeveelheid.

Gebruik:
• Op 2 September 1901 het die mees suidelike geveg van die Anglo-Boereoorlog naby Stilbaai plaasgevind.

Vertaling:
Engels: most
Nederlands: meest

Nota:
• "Mees" is die oortreffende trap van baie, veel.
• "Mees" word nooit saam met woorde wat met -ste eindig gebruik nie.


Selfstandige naamwoord: mees
Meervoud: mese

Betekenis:
• (voëls) 'n Lid van die familie op Paridae, 'n Europese voël wat aan die orde van sangvoëls (Passeriformes) behoort.

Gebruik:
• 'n Mees is 'n klein, stewige voëltjie met 'n relatief kragtige snawel.

Vertaling:
Engels: tit, chickadee
Frans: mésange
Nederlands: mees

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: veroorsaak
Volgende onderwerp: enigste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 06:31:59 MGT 2024