Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » enigste
enigste [boodskap #125811] Di, 14 Mei 2019 05:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
enigste
Afbreking: enig•ste




Selfstandige naamwoord: enigste
Meervoud: enigstes
Verkleinwoord: enigstetjie

Betekenis:
• As daar nie ander is nie.

Gebruik:
• Pas die woordeboek op, dit is my enigste.

Vertaling:
Engels: only one, sole
Nederlands: enigste


Byvoeglike naamwoord: enigste

Betekenis:
• Al een of die laaste een wat oorgebly het; as daar nie ander/meer is nie.

Gebruik:
• Hy was die enigste persoon wat dit vermag het.
• Pous Benedictus IX was drie keer pous en ook die enigste persoon wat die pous-amp verkoop het.

Spreekwoord:
• Die enigste roos tussen die dorings. ['n Meisie tussen mans.]
• Iemand se enigste ooilam. [Die besitting waaraan iemand die meeste waarde heg.]
• Die dood is die enigste raat teen die ouderdom. ['n Mens kan nie keer dat jy oud word nie.]

Vertaling:
Engels: only
Nederlands: enigste

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mees
Volgende onderwerp: jong
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 05:21:35 MGT 2024