Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanvaar
aanvaar [boodskap #125764] So, 12 Mei 2019 18:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanvaar
Afbreking: aan•vaar




Werkwoord: aanvaar
Verlede tyd: het aanvaar
Teenwoordige deelwoord: aanvaardend
Verlede deelwoord: aanvaar

Betekenis:
• Berus by iets; stry nie daarteen nie, maar gaan daarmee saam.
• In besit neem.
• 'n Bepaalde amp of taak opneem.

Gebruik:
• Huxley was traag om sekere van Darwin se idees te aanvaar.
• Hy het die geskenk aanvaar.
• Sy aanvaar die amp as die koerant se voltydse redakteur.

Sinoniem:
• aanneem
• adopteer

Antoniem:
• verwerp

Afgelei:
• aanvaarbaar
• aanvaarding

Vertaling:
Engels: accept
Nederlands: aanvaarden


Werkwoord: vaar aan, aanvaar
Verlede tyd: het aangevaar
Teenwoordige deelwoord: aanvarend
Verlede deelwoord: aangevaar

Betekenis:
• 'n Hawe besoek; aandoen.
• Stamp; teen 'n ander skip of ander ding vaar.

Gebruik:
• Die skip moes by Durban aanvaar om vars water en vrugte te laai.
• Daar was 'n gevaar om deur die digte mis aangevaar te word.

Vertaling:
Engels: to sail
Nederlands: aanvaren

Nota:
• Hierdie is 'n klemtoonhomogram (áánvaar vs. aanváár).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sterk
Volgende onderwerp: woord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 02:45:58 MGT 2024