Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » woord
woord [boodskap #125765] So, 12 Mei 2019 18:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
woord
Afbreking: woord
Uitspraak: /vuə̯rt/




Selfstandige naamwoord: woord
Meervoud: woorde
Verkleinwoord: woordjie
Meervoud van verkleining: woordjies

Betekenis:
• 'n Groep letters wat saam geskryf word en betekenis het; klankgroep wat selfstandig betekenis oordra.
• 'n Belofte; erewoord.

Gebruik:
• Soek die woord in 'n woordeboek op.
• Die koning kom sy belofte na en hou sy woord.

Spreekwoord:
• Hy het my sy woord gegee. [Belowe.]
• Jou woord gestand doen. [Volgens jou woord handel.]
• Jou woord verpand. [Op jou woord van eer belowe.]
• Hy is 'n man van sy woord. ['n Man op wie staatgemaak kan word.]
• Die daad by die woord voeg. [Dadelik optree.]
• Hy doen 'n goeie woord vir my. [Vir iemand pleit.]
• Hy wil altyd die laaste woord hê. [Hy wil nie ingee nie.]
• ’n Goeie begrip het ’n halwe woord nodig. [As iemand gou verstaan wat jy wil sê, hoef jy nie so volledig te verduidelik nie.]
• Wie se brood 'n mens eet, dié se woord 'n mens spreek. [Jy steun die persoon van wie jy vir jou bestaan afhanklik is.]

Hiponiem:
• bywoord
• deelwoord
• grootwoord
• kodewoord
• koppelwoord
• kragwoord
• leenwoord
• lidwoord
• modewoord
• naamwoord
• rymwoord
• spreekwoord
• stamwoord
• telwoord
• trefwoord
• trooswoord
• vloekwoord
• voegwoord
• vraagwoord
• wagwoord
• werkwoord

Afgelei:
• woordeboek
• woordorde
• woordsoort
• woordeskat

Vertaling:
Engels: word
Nederlands: woord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanvaar
Volgende onderwerp: sodat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 05:51:11 MGT 2024