Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » speel
speel [boodskap #125744] Sa, 11 Mei 2019 20:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
speel
Afbreking: speel




Werkwoord: speel
Verlede tyd: het gespeel
Teenwoordige deelwoord: spelend, spelende

Betekenis:
• Iets doen wat 'n mens geniet; aangenaam besig hou; jouself of ander vermaak.
• Aan 'n sport of speletjie deelneem.
• Optree in 'n fliek of toneelspel.
• Grappies maak of iemand terg.
• Musiek op 'n musiekinstrument maak.

Gebruik:
• Die kinders speel in die tuin.
• Jan speel rugby.
• Piet speel die rol van Tarzan.
• Ek speel net met jou.
• Sannie speel die klavier.

Spreekwoord:
• Jy speel met vuur. [Jy bemoei jou met gevaarlike sake.]
• Hy speel oop kaarte. [Hy is eerlik.]
• Sy speel tweede viool. [Ondergeskik.]
• Met jou duime staan en speel. [Verveeld wees.]
• Jy moet speel met die kaarte wat jy het. [Jy moet gebruik maak van die middele wat jy besit.]
• Moenie jou beste kaart eerste speel nie. [Moenie jou beste argument of grootste voordeel dadelik gebruik nie.]
• Altyd op dieselfde snaar speel. [Altyd oor dieselfde onderwerp praat.]
• n Ou viool kan ook nuwe liedjies speel. [n Ou persoon kan ook iets moois lewer.]
• Hy speel met geld soos 'n bobbejaan met waboomblare. [Geld verkwis.]
• Wat jonk is, speel graag; wat oud is, neul graag. [Kinders hou daarvan om te speel en ou mens om te kla.]
• Wie met roet speel, word swart. [Wie slegte vriende het, word self sleg.]

Afgelei:
• speel-speel
• speelding
• speelgoed
• speelpark

Vertaling:
Engels: to play, perform, tease
Nederlands: spelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hoofsaaklik
Volgende onderwerp: aarde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 04:06:49 MGT 2024