Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aarde
aarde [boodskap #125745] Sa, 11 Mei 2019 20:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die aarde.
Die aarde.
aarde
Afbreking: aarde
Uitspraak: /ˈɑːrdə/




Selfstandige naamwoord: aarde
Meervoud: aardes
Verkleinwoord: aardetjie
Meervoud van verkleining: aardetjies

Betekenis:
• (sterrekunde) Die planeet waarop ons lewe; woonplek van die mens, in teenstelling met die hemel.
• Vaste grondoppervlakte; grond.

Gebruik:
• Die Aarde is die derde naaste planeet aan die Son.
• Ek bewerk hierdie aarde met my eie hande.

Spreekwoord:
• Albei voete plat op die aarde. [Realisties wees.]
• Die vet van die aarde. [Rykdom, weelde en genot.]
• Dit lyk of hemel en aarde vergaan. [Daar is 'n vreeslike lawaai.]
• Hard met die aarde kennis maak. [Hard op die grond val.]
• Hemel en aarde beweeg. [Alles in 'n mens se vermoë doen.]
• Hemel op aarde hê. [n Lekker lewe lei.]
• Hy is die sout van die aarde. ['n Deurdringende gees wat ander moet help verbeter.]
• Hy is van die aarde geskei. [Hy het gesterf.]
• Hy word ter aarde bestel. [Hy is begrawe.]
• Sy rus in die skoot van die aarde. [Sy is begrawe.]
• Tussen hemel en aarde swewe. [Heeltemal onbeslis wees.]
• Voel of jy in die aarde kan wegsink. [Baie skaam voel.]

Vertaling:
Engels: earth, soil
Nederlands: aarde

Nota:
• In wetenskaplike konteks word óns "Aarde" soms met 'n hoofletter geskryf om dit van ander buitewêreldse aardes te onderskei.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: speel
Volgende onderwerp: hou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 06:54:52 MGT 2024