Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hou
hou [boodskap #125751] So, 12 Mei 2019 16:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18922
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hou
Afbreking: hou
Uitspraak: /ɦœu/




Selfstandige naamwoord: hou
Meervoud: houe
Verkleinwoord: houtjie
Meervoud van verkleining: houtjies

Betekenis:
• Handeling van slaan; slag toedien.
• Merk of letsel waar geslaan/getref is.

Gebruik:
• Die krieketspeler slaan 'n pragtige hou.
• Hy het 'n hou teen die kop gekry.

Vertaling:
Engels: blow, punch, shot
Nederlands: houw


Werkwoord: hou
Verlede tyd: het gehou
Teenwoordige deelwoord: houdende

Betekenis:
• Nie laat vaar nie, nie besit van iets verloor nie.
• 'n Sekere hoeveelheid bevat.
• Uithou; vasbyt.
• Iets laat bly waar of soos dit nou is.
• Geleentheid reël/bywoon; iets vier.
• Van iets/iemand hou; liefhê.

Gebruik:
• Ek gaan die munt hou, optelgoed is hougoed.
• Die bottel hou twee liter water.
• Die pyn is so erg, ek kan dit nie meer hou nie.
• Ons hoop die mooi weer hou, ons wil more stand toe gaan.
• Ons moet 'n partytjie hou.
• Ek hou baie van jou.

Spreekwoord:
• Die kop net bo die water hou. [Met moeite net genoeg verdien om aan die lewe te bly.]
• Ek hou jou op hoogte. [Die nodige inligting omtrent iets gee.]
• Ek kan nie met hom kerk hou nie. [Hy is onregeerbaar.]
Hou die blink kant bo. [Hou moed.]
Hou goeie moed, die slegte kom vanself. ['n Mens moet altyd hoopvol wees.]
Hou jou duim vas. [Hoop dat iemand suksesvol is.]
Hou 'n agterdeur oop. [Sorg vir 'n moontlike uitweg.]
• Hulle hou kajuitraad. [Beraadslaag; maak oorlogsplanne.]
• Hy hou my in die holte van sy hand. [Heeltemal in iemand se mag wees.]
• Hy hou siel en liggaam bymekaar. [Net genoeg hê om van te lewe.]
• Hy hou sy duim op my keel. [Iemand volkome beheer.]
• Hy hou sy lyf haantjie. [Hy is vrypostig, vryerig.]
• Jy hou jou lyf windmaker. [Spoggerig wees.]
• Jy hou jou nie by jou lees nie. [Jy bemoei jou met sake wat jou nie raak of waarvan jy kennis dra nie.]
• Jy hou my vir die gek. [Die spot met iemand dryf.]
• Jy hou my vir 'n aap. [Jy spot met my.]
• Jy moet jou kop koel hou. [Kalm bly.]
• Jy moet jou kruit droog hou. [Jou goed voorberei vir die stryd.]
• Jy moet 'n wakende oog hou. [Iets goed dophou].]
• Met hom is geen huis te hou nie. ['n Mens kan niks met hom aanvang nie.]
• Moenie jou orig hou nie. [Moenie jou met ander se sake bemoei nie.]
• Moenie my aan 'n lyntjie hou nie. [Op 'n beslissende antwoord laat wag.]
• 'n Geheim dig hou. [Niks verklap nie.]
• 'n Ou bok hou van jong blare. [Ou mans hou van jong meisies.]
• Skoenmaker, hou jou by jou lees. [Bemoei jou met dinge waarvan jy iets weet.]
• Voet by stuk hou. [Volhard in 'n eis of oortuiging.]

Vertaling:
Engels: to hold, grip, keep; to like
Nederlands: houden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aarde
Volgende onderwerp: ontwerp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 16:27:23 MGT 2024