Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wie
wie [boodskap #125736] Sa, 11 Mei 2019 18:43
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18922
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wie
Afbreking: wie




Vraende voornaamwoord: wie

Betekenis:
• Vra na 'n persoon. Watter persoon?

Gebruik:
Wie het gebel?
Wie het my pap geëet?

Vertaling:
Engels: who, whom
Nederlands: wie


Betreklike voornaamwoord: wie

Betekenis:
• Verwys na 'n persoon.

Gebruik:
• Die kind wie se pa so ryk is het vir ons lekkergoed gekoop.
• ’n Boukommissie is benoem, wie se taak dit was om planne voor te lê.

Spreekwoord:
• Aan wie het, sal gegee word. [Hy wat reeds iets besit, kry maklik meer.]
• Niemand so blind as wie nie wil sien nie. [Iemand wat nie oortuig kan word nie, al weet hy hy is verkeerd.]
• Sê my wie jou vriende is en ek sal jou sê wie jy is. ['n Mens beoordeel iemand aan sy vriende.]
Wie die kleine nie eer nie, is die grote nie werd nie. [As 'n mens nie spaarsaam is nie, kan jy nie verwag om baie te besit nie.]
Wie die laaste druppel uit die kan wil hê, kry die deksel op sy neus. [Wie die uiterste begeer, kry dikwels niks.]
Wie eerste is, sal laaste wees. [Grootdoenerige mense sal later 'n minderwaardige plek inneem.]
Wie laaste lag, lag die lekkerste. [Die wat laaste aan die beurt kom, het dikwels die meeste voordeel.]
Wie nie saai nie, sal nie maai nie. ['n Mens moet werk as hy sukses wil hê.]
Wie nie sterk is nie, moet slim wees. [As 'n mens nie 'n saak met krag kan regmaak nie, moet jy jou verstand gebruik.]
Wie nie waag nie, wen nie. [Om iets uit te rig, moet 'n mens ondernemend wees.]
Wie nie werk nie, sal nie eet nie. [As iemand te lui is om te werk, sal hy gebrek ly.]
Wie nie wil hoor nie, moet voel. [As iemand ongehoorsaam is, moet hy gestraf word.]
Wie se brood 'n mens eet, dié se woord 'n mens spreek. [Jy steun die persoon van wie jy vir jou bestaan afhanklik is.]
Wie swyg, stem toe. [Wie geen beswaar inbring nie, keur dit goed.]

Vertaling:
Engels: who, whom
Nederlands: wie

Nota:
• Die woord word dikwels saam met voorsetsels gebruik "deur wie", "na wie", "met wie", ens. Dit kan ook in kombinasie met die voornaamwoord "se" gebruik word as "wie se".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bereik
Volgende onderwerp: middel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 15:40:29 MGT 2024