Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hele
hele [boodskap #125728] Sa, 11 Mei 2019 10:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hele
Afbreking: he•le




Byvoeglike naamwoord: heel
Attributief: hele

Betekenis:
• Attributiewe vorm van heel; volledig en waaraan niks ontbreek nie; nie stukkend nie.

Gebruik:
• Ek wil die hele koek hê.

Spreekwoord:
• Met die hele mandjie patats uitkom. [Die geheime openbaar.]
• Die hele boksemdais was daar. [Almal was daar.]
• Die hele kasarm het hier aangekom. [Die hele klomp.]
• Met die hele vark gooi. [Grof lieg; erg oordryf.]
• Gee hom 'n pinkie, dan vat hy die hele hand. ['n Mens eien hom meer toe as wat jy hom wil toelaat.]
• Een brandsiek skaap, kan die hele trop aansteek. [Een slegte mens kan baie mense verkeerd beïnvloed.]
• Sy loop deur die hele bos om die kromste lat te sny. ['n Meisie wat baie kêrels gehad het, maar met die treurigste trou.]

Vertaling:
Engels: whole
Nederlands: hele


Selfstandige naamwoord: hele
Meervoud: heles

Betekenis:
• Iets wat onverdeeld en onbeskadig is.

Gebruik:
• Twee halwes maak ’n hele. 'n Hele is meer as 'n halwe.

Vertaling:
Engels: whole
Nederlands: hele

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Afrikaans
Volgende onderwerp: Frankryk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 02:22:11 MGT 2024