Platengels is hier - courtesy of USAID [boodskap #10450] |
Vr, 22 Augustus 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het vroeër geskryf oor die verarming wat 'n taal kan tref as dit 'n
"wêreldtaal" word - in die konteks van die druk om Engels die enigste
omgangstaal van SA te maak.
Gister was ek by 'n konferensie oor metodes om tersiêre onderwys meer
toeganklik te maak vir 'n wyer verskeidenheid studente - my
hoofbedrywigheid.
Onder andere is gerapporteer oor 'n goot projek wat deur USAID befonds
word, en wat die produksie van onderrigmateriaal vir technikonkursusse in
'n verskeidenheid ingenieursrigtings behels.
Die onderigmateriaal kom van die VSA, maar word oorgeskryf - in 'n "meer
eenvoudige Engels, geskik vir Engelstweedetaalsprekers". Die terminologie
word nie verander nie, maar die res van die woordeskat word vereenvoudig en
beperk en die sinsbou word vereenvoudig. Die weergawe sal ongetwyfeld
bekend staan as die "African Edition".
Dit tref my toe dat ons reeds besig is om die Engelse taal te differensieer
- tweedeklasengels vir bepaalde groepe. Veral toe dit my byval van 'n
opdrag wat my vrou onlangs gekry het. Sy doen vir meer as 'n dekade
vertaling en redigering van akademiese tekste vir een van die
universiteite. Onlangs is beleid ingevoer dat die taal "af"-geskryf moet
word na 'n meer "leservriendelike" register. In die praktyk kom dit daarop
neer dat die eindproduk op ongeveer graad 7 - 10 leesvlak moet wees (die
selfde as Die Huisgenoot en die sportblaaie van koerante, wat op standerd
vyf leesvlak gemik word).
Persoonlik is ek geen voorstander van komplekse taalgebruik nie. In my eie
ervaring weet ek dat dit dikwels bloot die gevolg van luiheid of slordige
denke is. (CS Lewis, 'n Oxford Don, het verklaar dat sy idees eers regtig
goed deurdink is as hy daarin geslaag het om dit in alledaagse taal te
verduidelik.)
Maar mens moet dit in perspektief sien. My waarnemeing is dat, as mens
Britse en Amerikaanse onderrigmateriaal vergelyk, is die Amerikaanse
materiaal in die algemeen in merkbaar eenvoudiger taal geskryf. Plaas dit
in die konteks van die van die Nation at Risk -verslag ('n federale
regeringsverslag in die VSA) wat gerapporteer het dat die huidige geslag
Amerikaners die eerste in die geskiedenis is wat swakker opgevoed is as hul
ouers. Dan praat mens nie eers van die idees van elitiste soos Benjamin
Bloom nie - van "The Closing of the American Mind" -faam (ek is versot op
die titel van die Nederlandse vertaling: "De Gedachteloze Generatie").
Enersyds weet ek dus dat helder en duidelike taal iets is om na te streef -
ter wille van die leser en ter wille van die skrywer.
Maar as literatuur vir _tegniese_ studente (_Amerikaanse_ tegniese
studente!) "af"-geskryf moet word na 'n eenvoudiger register moet mens
begin wonder, dink ek. (Hoor mens eggos van "Bantu education"?)
As ek kinders in Engelsmediumskole gehad het sou ek enige nuwe handboeke en
onderrigmateriaal goed ondersoek.
Maar ek reken die grootste slagoffer op die ou end sal die Engelse taal
self wees - en natuurlik die mense wat deur die medium daarvan leer.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Platengels is hier - courtesy of USAID [boodskap #10586 is 'n antwoord op boodskap #10450] |
Vr, 05 September 1997 00:00 |
De Waal Venter
Boodskappe: 62 Geregistreer: April 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On 22 Aug 1997 21:01:58 GMT, "Leendert van Oostrum"
wrote:
> Gister was ek by 'n konferensie oor metodes om tersiêre onderwys meer
> toeganklik te maak vir 'n wyer verskeidenheid studente - my
> hoofbedrywigheid.
>
> Onder andere is gerapporteer oor 'n goot projek wat deur USAID befonds
> word, en wat die produksie van onderrigmateriaal vir technikonkursusse in
> 'n verskeidenheid ingenieursrigtings behels.
>
>
> Groete, Leendert
------
Ek weet nie dat ek kan saamstem nie. Uit my ondervinding as ingenieur
sou ek sê dat tegniese vaardigheid veel meer beteken in die tegniese
rigtings as lees of taalvaardigheid.
Maar ek sal byvoeg dat dit in die sestigerjare was dat begin gemaak is
aan die opleiding van tegnici in die land. Die afgelope jare is die
stelsel deur die technikons en die nywerhede ontwikkel en uitgebou.
Wat as veralgemening gesê kan word is dat ons blanke tegnici sowat
dertig jaar se vaardigheid opgebou het. Daar is 'n tegniese tradisie
wat sowat oor twee of drie geslagte strek.
Die afgelope paar jaar word die blankes deur swartes vervang. Die feit
is hulle is op tegniese gebied is waar die blankes was in die
sestigerjare. Dit sal hulle dertig jare neem om dieselfde tegniese
tradisie op te bou.
Die vraag is, kan die land bekostig om dit waaraan daar dertig of meer
jaar opgebou sonder meer af te breek en van voor af te bou?
|
|
|
Re: Platengels is hier - courtesy of USAID [boodskap #10604 is 'n antwoord op boodskap #10450] |
Sa, 06 September 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
dewald wrote in article
...
> On 22 Aug 1997 21:01:58 GMT, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
>> Gister was ek by 'n konferensie oor metodes om tersiêre onderwys meer
>> toeganklik te maak vir 'n wyer verskeidenheid studente - my
>> hoofbedrywigheid.
>>
>> Onder andere is gerapporteer oor 'n goot projek wat deur USAID befonds
>> word, en wat die produksie van onderrigmateriaal vir technikonkursusse in
>> 'n verskeidenheid ingenieursrigtings behels.
>>
>>
>> Groete, Leendert
> ------
> Ek weet nie dat ek kan saamstem nie. Uit my ondervinding as ingenieur
> sou ek sê dat tegniese vaardigheid veel meer beteken in die tegniese
> rigtings as lees of taalvaardigheid.
Natuurlik. Uit my ondervinding as bestuurder van ingenieurs en tegnici kan
ek beaam dat tegniese vaardigheid meer beteken as lees- of taalvaardigheid.
As klient kan ek bevestig dat daar min dinge meer ergerlik is as 'n
gladdebektegnikus wat onbekwaamheid wil wegverduidelik.
Sou mens hieruit kon aflei dat lees- en taalvaardigheid onbelangrik is in
die tegniese rigtings?
Indien wel, sou ek verbaas wees, want dit lyk asof die "noodsaaklikheid van
beter kommunikasievaardighede" 'n gewilde onderwerp is tydens toesprake van
presidente van professionele verenigings van ingenieurs by jaarlikse dinees
(byvoorbeeld). Dit figureer ook as staande agendapunt in amper elke
konferensie en joernaal oor tegniese opleiding - daar geplaas deur
ingenieurs en tegnici.
'n Switserse ondersoek beweer dat die gemiddelde ingenieur/senior tegnikus
70% van die werktyd aan gesproke of geskrewe kommunikasie bestee. In die
algemeen is dit my indruk dat ingenieurs miskien meer as baie ander
dissiplines seker maak dat kommunikasievaardighede by hul opleiding
ingesluit word - en dit is nie my ervaring dat daardie mense hulle maklik
ophou met dinge wat hulle as onbelangrik beskou nie.
Maar my beswaar was nie beperk tot tegniese opleiding nie. Ek het ook
daarna verwys dat tekste in ander dissiplines "af"-geskryf word.
Groete, Leendert
|
|
|