Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Boerklong van Gauteng
Die Boerklong van Gauteng [boodskap #10544] Di, 02 September 1997 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
,
. Ek ken jou nie, dus kan ek nie 'n
> ingeligte besluit neem oor wie jy is nie. Al wat ek weet is dat ek nie
> veel van jou hou nie.
>
> Sies, Gloudina. Mens maak nie so nie.

mense wat net eenvoudig nie met ander in
> vrede/vriendskap wil leef nie.

> H-J
>

A, uiteindelik! Net soos ek verwag het. Hier kom die
boerklong van Gauteng aangejaag op sy stokperdjie.
En hy skiet hier en hy skiet daar, en hy skiet homself
in die voet en dan sit hy sy voet in sy mond. Het jy
al ooit daaraan gedink dat jou oorspronklike opmerkings
oor my die vuurtjie aangesteek het. Jy maak 'n gewoonte
daarvan om vir mense te vertel dat jy nie van hulle nou
nie, lyk dit my.

Dit sal jou miskien interesseer dat op 'n sekere stadium
Vira en ek e-pos kommunikasie gehad oor William Blake.
Hoe weet jy dat ons nie die hele vete gestage het vir jou
delicatessen nie? Ooit gehoor van smoke and mirrors?
Ek gee jou hierdie stukkie Blake om saam te neem vir
padkos, Penkop. Ek sal nie weer van my laat hoor nie.

A truth that's told with bad intent
Beats all the Lies you can invent.
It is right it should be so;
Man was made for Joy & Woe;
And when this we rightly know
Throë the World we safely go.
Joy and Woe are woven fine,
A Clothing for the Soul divine;
Under every grief & pine,
Runs a joy with silken twine.
The Babe is more than swadling Bands;
Throughout all these Human Lands
Tools were made, & Born were hands,
Every farmer Understands.
(William Blake 1757 - 1827)
Re: Die Boerklong van Gauteng [boodskap #10574 is 'n antwoord op boodskap #10544] Do, 04 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Vira !

> Henri-John,
>
> Ek sou nooit bewustelik betrokke raak in 'n ding wat nie eerlik en
> opreg is
> nie.
>

Ek weet.

> I resent this veiled insinuation, and regard it as being of the lowest
>
> intellectual and moral order. A vicious attempt to ridicule another
> person
> (H-J) in an underhanded way.
>

She can ridicule as much as she wants to, she just tells more and more
about herself.

> Bogenoemde is a "one man show" . Hierdie "Drama Queen" het vantevore
> toegegee
> dat sy nie alles bedoel wat sy hier sê nie, in die trant van 'n kind
> wat
> uitgevang is en dan sê "ek het net 'n grappie gemaak". (Die enigste
> "bifurkasie" hier is Gloudina se tong.) Laas het sy dit net gedoen om
> die ng
> bietjie 'op te kikker'. Die probleem is dat dinge hier wel ernstig
> opgeneem
> word as dit klaarblyklik nie 'n grap is nie, en dat mense inderdaad
> seer kry,
> en dit voel glad nie vir hulle snaaks nie.
>

Dankie, Vira. As jy my respons gelees het, sal jy sien dat haar stories
my nie in die minste pla nie. Gloudina het haarself ontbloot vir wat sy
is, en ek sal nooit weer enigiets wat sy skryf, ernstig opneem nie. Sy't
alle geloofwaardigheid verloor.

Wat my net nog steeds verbaas is haar gedigte wat sy so gereëld pos. Ek
kan dit nie kleinkry nie. Ten spyte daarvan, het dit ok vir my meriete
verloor. Jammer.

> I want no part of this "ons".
>
> Vir my is dit verkeerd om te speel met mense se gevoelens. Dis nie
> reg om
> ander mense te gebruik as speelgoed vir jou eie vermaak nie. Dis
> onmenslik.
> (Dr Mengele met 'n minusmond).
>

Ouch ! Sy gaan nie hiervan hou nie... Hou nou dop, sy gaan een-of-ander
tyd terugkom, hoogs seergemaak en diep beswaard, omdat jy dele van haar
anatomie beledig. In elkgeval. Ons moet miskien nie vir Gloudina
kritiseer nie, maar eerder empatiseer. Sy sit in Kanada, weg van SA. Ek
dink dat dit haar ubuntu sleg opfoeter. Ek raai dat sy diep binne haar
ongelukkig is, dat sy weet sy sal altyd 'n vreemdeling wees waar sy nou
is. Ek weet nie of ek so 'n las goed sal kan dra nie, daarom dink ek nie
dis heeltemal reg om haar te blameer nie.

Ag wel.

> Liefste groete,
> Vira.

Dankie vir jou mooi brief.

H-J
Re: Die Boerklong van Gauteng [boodskap #10584 is 'n antwoord op boodskap #10544] Vr, 05 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Henri-John Kock skryf in artikel
...

Liewe Henri-John en Vira,

> Dankie, Vira. As jy my respons gelees het, sal jy sien dat haar stories
> my nie in die minste pla nie. Gloudina het haarself ontbloot vir wat sy
> is, en ek sal nooit weer enigiets wat sy skryf, ernstig opneem nie. Sy't
> alle geloofwaardigheid verloor.

Ek wil nie deelneem aan die ontleding van Gloudina
nie. Maar ek wil baie graag oor die volgende sin van
jou skryf: "Sy't alle geloofwaardigheid verloor."

Hoe baie hoor ons dit nie: XXX het sy/haar geloofwaar-
digheid verloor. Wat beteken dit nou eintlik? Dit word
dikwels van politieke leiers gesê. Byvoorbeeld, na WO2
was Jan Smuts die verpersoonliking van die ou SAP party.
Die 1948 verkiesing het die uitspraak gelewer - Jan Smuts
het sy geloofwaardigheid verloor. Dit word gesê van
predikante, onderwysers, boere en fabriekswerkers. Ja,
self van mense wat op internet deelneem.

Omdat dit van enige mens op enige vlak van die same-
lewing gese word, het dit niks met 'n geloof in daardie
persoon te doen nie. Dit het met iets anders te doen
waarvan "geloof" as metafoor kan dien. Dis wat die gedeelte
"waardig" in die woord geloofwaardigheid beteken. Die
gedeelte "heid" verwys na 'n eienskap.

Ek dink dat die woord "geloofwaardigheid" verwys na die
eienskap ontluiking - 'n ontluiking wat verwag word, maar
nie gebeur nie. Met ander woorde, ons verwag dat die
persoon kreatief sal optree, maar niks gebeur nie.

Laat ek Jan Smuts gebruik as voorbeeld. Hy het herhaaldelik
gesê dat die swart (bemagtiging) probleem so kompleks
is dat 'n mens dit nie moet probeer rypdruk nie. Hy het van
vroe'e twintigerjare tot 1948 met hierdie standpunt volgehou.
Intussen het die NP begin werk aan hulle ontluiking (oplossing)
vir die probleem - Apartheid. DF Malan het al hoe meer
geloofwaardigheid verkry terwyl Smuts al hoe meer sy
geloofwaardigheid verloor het.

Hoekom het Smuts sy geloofwaardigheid verloor? Hy gee
self die antwoord: die probleem is so kompleks dat dit nie
in sy geslag of in een geslag opgelos kan word nie. Was hy
reg? Ons weet dat nie lank na sy dood nie, uhuru ('n idee van
vinnige swart bemagtiging) oor Afrika pos gevat het. Vandag
weet ons dat Smuts reg was - die uhuru "ontluiking" het nie
gewerk nie. Ons weet selfs dat Smuts reg was met apartheid
as 'n vinnige oplossing - die apartheid "ontluiking" het nie
gewerk nie.

Wat het Smuts eintlik raakgesien - iets wat hom sy
geloofwaardigheid gekos het? Ek sal die as volg probeer
vasvat. Ek sal self meer meot se as wat Smuts te se gehad
het, anders kan ek die saak nie duidelik uitlig nie.

Vir elke ontluiking kan 'n intrinsieke ontluikingtyd geassosieer
word as dit goed gaan. (Dink aan iets amper soos die
dragtigtyd vir 'n soogdier.) Hoe meer kompleks die ontluiking,
hoe langer die intrinsieke ontluikingtyd. 'n Ontluiking tussen
kerndeeltjies neem rofweg 10exp-18 sekonde plaas. 'n
ontluiking tussen atome (meer kompleks) neem rofweg
10exp -9 plaas. 'n Ontluiking tussen stringe molekules soos
in DNA (nog meer kompleks) neem ongeveer 1 sekomde.

Dit is dus belangrik om in die eerste plek te onthou dat
hoe meer kompleks 'n ontluiking is, hoe groter is die
intrinsike ontluiking tyd. Maar dit is ook belangrik om in die
tweede plek te onthou dat die ontluiking langer kan neem
as die intrinsieke ontluikingtyd, maar nooit korter nie. Enige
korter tyd as die ontluikingtyd lei tot 'n gebrekkige ontluiking.
(Dink aan iets amper soos 'n aborsie.) Uhuru en apartheid
was dus gebrekkige ontluikings - amper soos aborsies.

'n Regering wat dus 'n mens oproep om vir 'n vinnige-slordige
oplossing te stem vir 'n probleem wat veel langer gaan neem
om op te los, vra jou dus om vir 'n abortiewe beleid te stem.
Jan Smuts het dus in 1948 sy geloofwaardigheid verloor omdat
mense vir die oplossing apartheid gestem het wat later 'n
abortiewe beleid geblyk te wees het. Die groot vraag is natuurlik
waarom die meeste blanke kiesers hulle so laat mislei het.

Dis nie alleen tye korter as die intrinsieke ontluikingtyd wat
ons aandag moet geniet nie, maar ook tye langer as dit. Met
ander woorde, ons moet ook aan vertraagde ontluikings dink.
Ontluikings vind nie outomaties plaas nie. Eerstens moet die
chaos tot versadiging toeneem. Tweedens is daar sewe
essensies betrokke. As een of meer nie na wense is nie, sal
die ontluiking gebrekkig wees, of glad nie plaasvind nie, of 'n
terugval plaasvind en dus alles beduiwel. Gevolglik moet die
gebrekkige essensie eers ontluik of aangevul word voordat
die ontluiking plaasvind. Dit neem ook tyd en is dus vir die
vertraging verantwoordelik.

Ek dink wel dat 'n vertraging by Jan Smuts teenwoordig was
wat betref die probleem van swart bemagtiging, net soos wat
'n vetraging by Herzog teenwoordig was. Smuts was uiters
gevoelig oor die essensie van geheel en Herzog was uiters
gevoelig oor die essensie van identiteit. Maar Smuts was
myns insiens nie gevoelig genoeg vir die essensie van
identiteit soos wat Herzog nie gevoelig was vir die essensie
van geheel nie. Daarom het beide Herzog en Smuts hulle
geloofwaardigheid verloor.

Terloops, gaan ons nou uiteindelik swart bemagtiging beleef?
Die les wat die Afrikaner geleer het, is dat 'n mens nie een
deel van die nasie kan bemagtig ten koste van 'n ander
deel van die nasie nie. Het ander mense naas die Afrikaner
daardie les geleer?

'n Tweede terloops. Nie net indiwidue nie, maar ook
organisasies van mense kan hulle geloofwaardigheid verloor.
Dink maar aan 'n besigheidorganisasie soos IBM. Dink maar
aan die Afrikaners - het hulle hulle geloofwaardigheid verloor -
of lei hulle alleen maar aan vertraagde ontluiking?

Ten slotte. Ek dink ons moet almal veel meer begrip vir
vertraagde ontluikings he. Ons moet veral in gedagte hou
dat tydens 'n vertraagde ontluiking die klein terugvallings
soos jakkalse in die wingerd die ontluiking nog verder kan
vertraag.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Die Boerklong van Gauteng [boodskap #10585 is 'n antwoord op boodskap #10544] Vr, 05 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina het haarself ontbloot vir wat sy
> is, en ek sal nooit weer enigiets wat sy skryf, ernstig opneem nie. Sy't
> alle geloofwaardigheid verloor.
>
> Wat my net nog steeds verbaas is haar gedigte wat sy so gereëld pos. Ek
> kan dit nie kleinkry nie. Ten spyte daarvan, het dit ook vir my meriete
> verloor. Jammer.
>

Hier, dames en here, is hoe dit werk. Jy veroordeel
die persoon eerste, en dan veroordeel jy alles wat
jy met daardie persoon assosieer. Groepe mense doen
dit ook. Dis hoekom die Kristallnacht in Hitler se
Duitsland gebeur het.
Re: Die Boerklong van Gauteng [boodskap #10602 is 'n antwoord op boodskap #10544] Sa, 06 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> Ons het dit ook op hierdie NG gesien in verband met, onder andere, die
> Heynsmoord.
>
> Hierdie tegnieke is goed beskryf in die taktiese literatuur van
> revolusionêre bewegings. Lyk my die ANC lei sy juigkoor goed op.
>
> Hartlike groete, Donkiegod
>

Skote Petoors,
Hitlerita.
Re: Die Boerklong van Gauteng [boodskap #10603 is 'n antwoord op boodskap #10544] Sa, 06 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
>
>
>
>
> Gloudina het haarself ontbloot vir wat sy
>> is, en ek sal nooit weer enigiets wat sy skryf, ernstig opneem nie. Sy't
>> alle geloofwaardigheid verloor.
>>
>> Wat my net nog steeds verbaas is haar gedigte wat sy so gereëld pos. Ek
>> kan dit nie kleinkry nie. Ten spyte daarvan, het dit ook vir my meriete
>> verloor. Jammer.
>>
>
>
> Hier, dames en here, is hoe dit werk. Jy veroordeel
> die persoon eerste, en dan veroordeel jy alles wat
> jy met daardie persoon assosieer. Groepe mense doen
> dit ook. Dis hoekom die Kristallnacht in Hitler se
> Duitsland gebeur het.

Wat tydens Kristallnacht gebeur het, werk eintlik soos volg: jy veroordeel
'n saak of 'n kategorie volgens jou eie kriteria. As jy jou veroordeling
kan verantwoord deur nog bonop 'n massiewe rookskerm van leuens daarom te
bou (Mein Kampff, "smoke and mirrors"), soveel te beter. Sommige verwys
daarna as disinformasie.

Dan moor en brand jy onder almal wat _jy_ vir politieke of retoriese
doeleindes met die veroordeelde saak of kategorie assosieer. Jou rookskerm
regverdig jou optrede. Jou optrede intimideer elkeen wat potensieel in die
kategorie van slagoffers val.

Behalwe by Kristallnacht, het ons dit onlangs ook gesien - onder andere by
die honderde halsnoermoorde en hekseverbrandings wat ons hier plaaslik
gehad en wat steeds voortgaan.

Ons het dit ook op hierdie NG gesien in verband met, onder andere, die
Heynsmoord.

Hierdie tegnieke is goed beskryf in die taktiese literatuur van
revolusionêre bewegings. Lyk my die ANC lei sy juigkoor goed op.

Hartlike groete, Donkiegod
Vorige onderwerp: Platengels is hier - courtesy of USAID
Volgende onderwerp: Re: Gesang 12? (vir Vira)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 20:50:26 MGT 2024