Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Gesang 12? (vir Vira)
Re: Gesang 12? (vir Vira) [boodskap #10606] Sa, 06 September 1997 00:00
John Irish  is tans af-lyn  John Irish
Boodskappe: 8
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Vira
Jammer dat ek nou sien my pos vir jou so verwarrend was. Ek het dit gestuur
met die veronderstelling dat almal wat dit lees ook die boodskap waarop ek
gereageer het sou gesien het, maar dit lyk nie so nie.
Die oorspronklike boodskap was van ene `tr...@infonews.co.th', en het geen
teks behalwe die onderwerp (`Gesang 12?') gehad nie. Dit het wel 'n
aanhangsel gehad wat ek ook aan hierdie boodskap heg (as 'n `Attachment'):
'n midi-l��r met die naam gesang12.mid. As jou rekenaar 'n klankkaart het,
kan jy deur net daarop te klik (in Windows 95) dit laat speel.
Dit bevat die eerste strofe van Gesang 40 (nie 12), wat in die nuwe
vertaling begin met `U Goedheid God, kan ons nie peil nie', maar wat vir
meeste ouer mense in die Afrikaanse kerke dalk beter bekend sal wees in die
oorspronklike vertaling `O Goedheid Gods, hier nooit volprese'.

Terloops, ek het jou skrywe oor jou persoonlike ondervindinge as kind in 'n
anti-Duitse omgewing, en die implikasies vir ons as ouers wat
Afrikanerkinders moet grootmaak, baie waardevol gevind, en is bly dat jy
dit gepos het; ek dink dit moes moed gevra het. (Ek het soortgelyke
sentimente destyds ook aan die NG gepos, maar dit nie weer hier gesien nie;
seker in kuberruim verdwaal geraak.)

Groete
John

V wrote in article
...
> On 8/19/97 10:44PM, in message , "John"
> wrote:
>
>> Gesang 40: U Goedheid Heer, kan ons nie peil nie
>> (Voorheen: O Goedheid Gods, hier nooit volprese)
>>
>
> Huh? Watter "Voorheen"? Ek kan nie begryp wat ek hier bedoel is om te
> verstaan nie. Kan iemand asb vir my verduidelik? Is dit 'n nuwe Bybel teenoor
> 'n meer ouderweste skrif?
>
> V.
>
>
begin 600 gesang12.mid

end
Vorige onderwerp: Die Boerklong van Gauteng
Volgende onderwerp: Re: pos weg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 03:05:25 MGT 2024