Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sonder
sonder [boodskap #125719] Sa, 11 Mei 2019 09:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18922
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sonder
Afbreking: son•der
Uitspraak: /sonder/




Voorsetsel: sonder

Betekenis:
• Dui aan dat iets ontbreek of nie gebruik word nie.

Gebruik:
• Sy drink haar tee sonder melk.

Antoniem:
• met

Spreekwoord:
• Hy is sonder end. [Hy is taai en kan lank aanhou.]
• Geen waarom sonder daarom. [Alles het 'n rede.]
• Daar is nie koring sonder kaf nie. [Daar is niks goeds wat nie ook sy nadele het nie.]
• Moenie hom sonder handskoene aanpak nie. [Hy is nie 'n persoon wat 'n mens maklik kan beheer nie.]
• Dis 'n kanonskoot sonder koeël. [Klagte sonder rede.]
• Geen rook sonder vuur nie. [Elke gerug het 'n kern van waarheid.]
• Geen roos sonder dorings nie. [Alles het 'n minder aangename kant.]
Sonder aansien des persoons. [Sonder om onderskeid te tref.]
Sonder kruit 'n bok skiet. ['n Flater begaan.]
Sonder kwiek of kwak. [Sonder om 'n geluid te maak.]
Sonder om 'n bek te trek. [Onskuldig en ongeërg.]
Sonder om 'n gesig te trek. [Sonder om verleë te lyk of jou gevoelens te openbaar.]
Sonder om te blik of te bloos. [Onbeskaamd; sonder om enigsins skaam te wees.]
Sonder slag of stoot. [Sonder enige teenstand.]

Vertaling:
Engels: without
Nederlands: zonder

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: paar
Volgende onderwerp: tydperk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 16:21:31 MGT 2024