Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » paar
paar [boodskap #125718] Sa, 11 Mei 2019 09:17
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18926
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
paar
Afbreking: paar
Uitspraak: /pɑːɾ/




Selfstandige naamwoord: paar
Meervoud: pare
Verkleinwoord: paartjie
Meervoud van verkleining: paartjies

Betekenis:
• Twee items wat bymekaar hoort; saam gebruik word.
• Twee mense wat 'n verhouding het.
• Twee of meer, maar nie baie nie; 'n klompie.

Gebruik:
• Sy het 'n nuwe paar skoene gekoop.
• Die paar(tjie) is 'n pragtige dogter ryker.
• Die meeste krappe kom in die see voor, maar daar is 'n paar wat in varswater voorkom, en selfs 'n paar wat op land leef.

Spreekwoord:
• Twee is paar, drie is onpaar. [By 'n verliefde paar is 'n derde persoon 'n oorlas.]
• Ek is 'n paar lengtes voor hom. [Goed voorloop teenoor diegene wat met jou wedywer.]
• Hy het 'n paar kruisies agter die rug. [Hy is al taamlik bejaard.]
• Sy is my 'n paar strepies voor. [Die ander oortref.]

Vertaling:
Engels: a pair, a couple, a few
Nederlands: paar


Werkwoord: paar
Verlede tyd: het gepaar
Teenwoordige deelwoord: parende
Verlede deelwoord: gepaard

Betekenis:
• In groepe van twee bymekaar maak; maats maak.
• Omgang hê; kopuleer (diere).

Gebruik:
• Dansers wat aan die volkspele deelneem moet nou paar.
• Krokodille paar in die water, waarna die wyfie 'n gat in die grond grawe waarin sy haar eiers lê.

Vertaling:
Engels: to pair, copulate
Nederlands: paar, paren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hoofstad
Volgende onderwerp: sonder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 19:15:52 MGT 2024