Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bacon, Roger
Bacon, Roger [boodskap #125687] Vr, 10 Mei 2019 05:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Roger Bacon
Roger Bacon
Roger Bacon (1214 - 94) was 'n geleerde monnik, wysgeer en natuurondersoeker, bekend as doctor mirabilis ("wonderbaarlike leermeester"); het in Oxford en Parys gestudeer. Sy gevorderde opvattinge en proefneminge het onkundiges aanstoot gegee en hulle het geglo dat hy hom met duiwelse towerkuns besig hou. Hy was 1277 - 92 in Frankryk in die tronk opgesluit.

Bacon het oor stoombote, mikroskope, kameras, lugpompe en teleskope geskryf voordat ander mense nog daarvan gedroom het. Hy het proewe geneem met houtskool, swawel en salpeter en dit gemeng om buskruit te probeer maak; sy Opus Majus is ’n soort ensiklopedie; hy het beweer dat daar twee maniere is om kennis op te doen: een deur redenering, die ander deur proefneming. Hy kan beskou word as een van die vroeë baanbrekers op die gebied van eksperimentele navorsing.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bacon, Francis
Volgende onderwerp: Badajoz
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 06:04:45 MGT 2024