Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voorkom
voorkom [boodskap #125674] Wo, 08 Mei 2019 18:57
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18933
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voorkom
Afbreking: voor•kom
Samestelling: voor + kom
Uitspraak: /ˈfʊərkɔm/, /fʊərˈkɔm/




Werkwoord: kom voor, vóórkom
Verlede tyd: het voorgekom

Betekenis:
• Iets wat bestaan of gebeur; verskyn of aangetref word.
• Op 'n sekere manier lyk.
• Voor die hof verskyn.

Gebruik:
• Yster is die swaarmetaal wat die meeste in die heelal voorkom.
• Ten spyte van haar gevoelens het sy kalm en beheersd voorgekom.
• Gatiep moet môre vir vonnisoplegging voorkom.

Sinoniem:
• gebeur
• manifesteer
• verskyn

Vertaling:
Engels: to exist, occur; to appear
Nederlands: voorkomen, vóórkomen


Werkwoord: voorkóm
Verlede tyd: het voorkom
Teenwoordige deelwoord: voorkomende

Betekenis:
• Sorg dat iets nie gebeur nie; verhoed; afweer.

Gebruik:
• Die ster se interne druk voorkom dat dit onder sy eie swaartekrag instort.

Sinoniem:
• belemmer
• dwarsboom
• keer
• kortwiek
• verhelp
• verhinder
• verhoed
• verydel

Vertaling:
Engels: to prevent, avert
Nederlands: voorkomen, voorkómen

Nota:
• Hierdie is 'n klemtoonhomogram (vóórkom vs. voorkóm).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skool
Volgende onderwerp: lande
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 14:07:58 MGT 2024