Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skool
skool [boodskap #125673] Wo, 08 Mei 2019 18:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skool
Afbreking: skool
Uitspraak: /skuə̯ɫ/




Selfstandige naamwoord: skool
Meervoud: skole
Verkleinwoord: skooltjie
Meervoud van verkleining: skooltjies

Betekenis:
• Inrigting waar onderwys gegee word.
• 'n Groot versameling visse wat saam swem.

Gebruik:
• By watter skool het jy gematrikuleer?
• 'n Skool dolfyne swem by die boot verby.

Hiponiem:
• laerskool
• landbouskool
• hoërskool
• plaasskool

Afgelei:
• skoolbaadjie
• skoolbank
• skoolboek
• skoolbroek
• skoolbyeenkoms
• skooldrag
• skoolgebou
• skoolgrond
• skoolhemp
• skoolklas
• skoolklere
• skoolklok
• skoolkonsert
• skoolrok
• skoolsaal
• skoolsport
• skoolterrein
• skoolvak

Vertaling:
Engels: school; shoal
Nederlands: school


Werkwoord: skool
Verlede tyd: het geskool
Verlede deelwoord: geskoolde

Betekenis:
• Onderrig, onderwys, oplei, afrig.

Gebruik:
• Sy skool aan die Universiteit van Pretoria.

Vertaling:
Engels: to school
Nederlands: scholen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ryk
Volgende onderwerp: voorkom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 04:49:58 MGT 2024