Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vrou
vrou [boodskap #125618] Ma, 06 Mei 2019 18:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Man en 'n vrou.
'n Man en 'n vrou.
vrou
Afbreking: vrou
Uitspraak: /frəʊ̯/




Selfstandige naamwoord: vrou
Meervoud: vroue, vrouens
Verkleinwoord: vroutjie
Meervoud van verkleining: vroutjies

Betekenis:
• 'n Volwasse vroulike persoon.
• 'n Getroude, vroulike persoon.

Gebruik:
• Watter vrou kook die beste?
• Sy is my vrou.

Spreekwoord:
• Jakkals trou met wolf se vrou. [As dit terselfdertyd reën en sonskyn.]
• Elke man soen sy vrou op sy eie manier. [Elkeen het sy eie wyse van optrede.]

Sinoniem:
• vroumens
• dame
• eggenote
• gade

Antoniem:
• man

Afgelei:
• hoofvrou
• straatvrou
• sakevrou
• vroulik

Vertaling:
Engels: woman; wife, spouse
Nederlands: vrouw; echtgenote, gade

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: politieke
Volgende onderwerp: ontstaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 03:57:17 MGT 2024