Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: [AFRIKAANS:5421] Re: Lankal nie meer definisies Oepsies (fwd)
Re: [AFRIKAANS:5421] Re: Lankal nie meer definisies Oepsies (fwd) [boodskap #5137] Do, 04 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Geen teks in die boodskap nie.
Re: [AFRIKAANS:5427] Re: Lankal nie meer definisies Oepsies (fwd) [boodskap #5144 is 'n antwoord op boodskap #5137] Vr, 05 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
>

Die is nie my argument nie, maar ek reken wanneer dit op die forum
geplaas word, is dit 'n uitnodiging om deel te neem.
So,.....
In 1936 het swartmense regte gehad in die VSA, reken ek. Hulle is
waarskynlik in baie gebiede verhinder om dit uit te voer, maar ek dink
die regte was daar in die grondwet.
In Ethiopie" ook, siende dat jou vraag so wyd is, kan die antwoord
seker so haarklowend klein so die wees!
Ethipopie is die enigste Afrika-land wat nooit 'n kolonie was nie.
Ek reken daar was in Frankryk niks wat iemand met 'n swart vel van
regte beroof het bloot omdat hy swart was nie?
Brittanje het ook nooit wette gehad wat mense op velkleur
geklassifisseer het nie? Sal verbaas wees as lande soos Swede ooit
sulke wette gehad het!
Egipte waarskynlik ook.
En dan in SA self, was daar nie swart grondbesit in Sophiatown nie?
Daar was ook beperkte stemreg wat later verwyder was, dan nie?
Re: [AFRIKAANS:5427] Re: Lankal nie meer definisies Oepsies (fwd) [boodskap #5190 is 'n antwoord op boodskap #5144] Wo, 10 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
fe...@is.co.za (Koos) schreef:

> >>>

> Die is nie my argument nie, maar ek reken wanneer dit op die forum
> geplaas word, is dit 'n uitnodiging om deel te neem.
> So,.....
> In 1936 het swartmense regte gehad in die VSA, reken ek. Hulle is
> waarskynlik in baie gebiede verhinder om dit uit te voer, maar ek dink
> die regte was daar in die grondwet.

Ek wil beslis nie apartheid verdedig nie, maar ek meen seker te weet,
dat swartmense pas 'civil rights' gekry het in die jare sestig. Ek
denk swartmense het baie weinig regte in die VSA in 1936. Hulle het
beslis geen stemreg nie, hulle het nie toegang tot 'witte' winkels
nie, etc. Ek denk die verskil met apartheid is nie baie groot niet.

Robert.

> In Ethiopie" ook, siende dat jou vraag so wyd is, kan die antwoord
> seker so haarklowend klein so die wees!
> Ethipopie is die enigste Afrika-land wat nooit 'n kolonie was nie.

Het Mussolini nie Ethiopie verover nie?

> Ek reken daar was in Frankryk niks wat iemand met 'n swart vel van
> regte beroof het bloot omdat hy swart was nie?
> Brittanje het ook nooit wette gehad wat mense op velkleur
> geklassifisseer het nie?

Miskien nie in Groot-Brittanie of Frankryk self nie, maar beslis wel
in alle Engelse en Franse kolonies.
Re: [AFRIKAANS:5427] Re: Lankal nie meer definisies Oepsies (fwd) [boodskap #5211 is 'n antwoord op boodskap #5144] Ma, 15 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
wage...@xs4all.nl (Robert Wagenaar) wrote:


dat swartmense pas 'civil rights' gekry het in die jare sestig. Ek[/color]
> denk swartmense het baie weinig regte in die VSA in 1936. Hulle het
> beslis geen stemreg nie, hulle het nie toegang tot 'witte' winkels
> nie, etc. Ek denk die verskil met apartheid is nie baie groot niet.>>>>

Sover ek weet, wat die regte vir hulle daar. Die probleem was
hindernisse wat deur die wit meerderheid vir hulle geplaas het op weg
na die uitoefening van die regte.
Dus: Die wit kroeg-eienaar slaan die donder uit enige swartman wat sy
kroeg inkom teenoor (in SA) hy bel die polisie wat die swartman wat
probeer ingaan het in die tronk gooi omdat dit teen die wet is. Daar
le 'n groot verskil


>>

Ja. En dit vir twee jaar, dink ek, beset. Dit was egter nooit 'n
kolonie gemaak nie. Soos Nederland deur Duitsland beset was en nie 'n
kolonie gemaak was nie.

>>[/color]

Die vraag was waar swartmense regte gehad het. Jy bevestig my
antwoord: Onder meer in Britanje en Frankryk. In hul kolonies was die
mense ook nooit juis DEUR WET OP GROND VAN HUL VELKLEUR uitgesluit
van regte nie.
Was dit nie ook hier in SA meer 'n geval van daar is net niks oor
swart mense gese nie en omdat hulle SOSIAAL uitgesluit was, was
hulle effektief uitgesluit.
Apartheid het gese: As jy 'n swart vel het en kroes hare het, MAG
JY NIE met 'n "wit" vrou trou nie. In Suid-Afrika, voor 1948, was
daar in der waarheid "gemengde" huwelike. Dit bevestig seker van die
regte wat in 1948 weggevat is.
Mense het na 1948 in die tronk beland omdat hulle verlief geraak het
en gevat het aan mense van "ander" kleure.
Re: [AFRIKAANS:5427] Re: Lankal nie meer definisies Oepsies (fwd) [boodskap #5212 is 'n antwoord op boodskap #5144] Ma, 15 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
fe...@is.co.za (Koos) schreef:

> wage...@xs4all.nl (Robert Wagenaar) wrote:

> weet,
>> dat swartmense pas 'civil rights' gekry het in die jare sestig.

> Sover ek weet, wat die regte vir hulle daar. Die probleem was
> hindernisse wat deur die wit meerderheid vir hulle geplaas het op weg
> na die uitoefening van die regte.

Vir die noordelike state het jy gelyk, maar vir die suidelike nie:

=There has never been a practice in the United Kingdom of formal
=segregation of races, which was a feature of society in South Africa
=and the southern states of America.

="Racial Discrimination," Microsoft(R) Encarta(R) 96 Encyclopedia. (c)
=1993-1995 Microsoft Corporation. All rights reserved.

> Dus: Die wit kroeg-eienaar slaan die donder uit enige swartman wat sy
> kroeg inkom teenoor (in SA) hy bel die polisie wat die swartman wat
> probeer ingaan het in die tronk gooi omdat dit teen die wet is. Daar
> le 'n groot verskil

Nee, sie die volgende voorbeeld:

=In a celebrated incident in 1955 she was arrested for violating
^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
=segregation laws when she refused to give up her bus seat to a white
^^^^^^^^^^^^^^^^^
=passenger.

="Parks, Rosa Louise," Microsoft(R) Encarta(R) 96 Encyclopedia. (c)
=1993-1995 Microsoft Corporation. All rights reserved.>

> in alle Engelse en Franse kolonies.>>>

> Die vraag was waar swartmense regte gehad het. Jy bevestig my
> antwoord: Onder meer in Britanje en Frankryk.

Ek het ook nooit beweer, dat daar geen land was waar swartmense regte
gehad het (iemand anders het dit wel beweer), ek het net beweer, dat
daar, behalwe Suid-Afrika, nog meer plekke was, waar swartmense minder
regte het gehad dan witmense.

> In hul kolonies was die
> mense ook nooit juis DEUR WET OP GROND VAN HUL VELKLEUR uitgesluit
> van regte nie.

Ek het nog niet 'n voorbeeld nie, maar ek is 80% seker, dat in ieder
geval Nederlands-Indie beslis wel die onderskeid Europees -
Nie-Europees in sy wette had, in ieder geval op lokaal (gemeente)
niveau.

> Was dit nie ook hier in SA meer 'n geval van daar is net niks oor
> swart mense gese nie en omdat hulle SOSIAAL uitgesluit was, was
> hulle effektief uitgesluit.
> Apartheid het gese: As jy 'n swart vel het en kroes hare het, MAG
> JY NIE met 'n "wit" vrou trou nie. In Suid-Afrika, voor 1948, was
> daar in der waarheid "gemengde" huwelike. Dit bevestig seker van die
> regte wat in 1948 weggevat is.

Natuurlik, daar is beslis regte weggevat in 1948. Egter, al voor 1948
het swartmense minder regte gehad als witmense (o.a. stemreg).

> Mense het na 1948 in die tronk beland omdat hulle verlief geraak het
> en gevat het aan mense van "ander" kleure.

Dis beslis erg triest. Waarskynlik is Suid-Afrika ook die enigste
land, waar dit verboden was om met iemand van 'n ander ras te trou,
hoewel ek nog 'n bietjie twyfel oor die suidelike VSA.

Robert.
Re: [AFRIKAANS:5427] Re: Lankal nie meer definisies Oepsies (fwd) [boodskap #5264 is 'n antwoord op boodskap #5144] Wo, 17 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
wage...@xs4all.nl (Robert Wagenaar) wrote:


daar, behalwe Suid-Afrika, nog meer plekke was, waar swartmense minder[/color]
> regte het gehad dan witmense.>>>>

Hier le die kern. Ek het gereageer op iemand anders wat gese het
swartmense het nerens in die wereld regte gehad in die 1930's nie.
Ek het daarop gese dis nie waar nie daar was plekke waar hulle regte
gehad het.
Oor die negatiewe hiervan is jy sekerlik reg: SA was nie die enigste
land wat teen swartmense gediskrimineer het nie.
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5595] Poeme
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5620] Vrydag(amper) Limeriek - kiepersol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 06:31:36 MGT 2024