Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eers
eers [boodskap #125524] Di, 30 April 2019 14:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eers
Afbreking: eers
Uitspraak: /eers/




Bywoord: eers

Betekenis:
• Aan die begin.
• Vroeër; voordat; voor iets anders; eerder.
• Later as wat verwag is.
• Nog baie meer.

Gebruik:
Eers eet ons ontbyt, later gaan ons skool toe.
• Ons besoek eers die dominee en gaan dan na die stad.
• Hy het my eers na skool kom oplaai.
• Piet is sterk, maar Gert is eers sterk.

Spreekwoord:
Eers kruip, dan loop. [Begin klein.]
Eers baas en dan Klaas. [Die meerdere moet eers gehelp of bedien word.]
Eers grootmense en dan langore. [Kinders moet wag totdat hulle meerderes klaar is.]
Eers mens, dan langoor. [Die meerdere word voor die mindere bedien.]
Eers die koutjie, dan die vroutjie. [Maak eers die huis klaar en trou dan.]
Eers gegee en dan geneem, is erger as 'n dief gesteel. ['n Mens moenie iets neem en dan weer terugneem nie.]
Eers kindjie sien, dan vader staan. ['n Saak eers steun wanneer jy meer daarvan weet.]
• Hy is nie eers droog agter die ore nie. [Baie jonk en onervare.]
• Hy wil eers daaroor slaap. [Goed nadink oor iets.]
• Jy moet eers die ys breek. [Die eerste moeilikheid of koelheid oorkom.]
• Jy moet eers jou hoed ingooi. [Eers uitvind of jy welkom is.]
• Jy moet eers val voor jy kan opstaan. ['n Mens moet eers teenspoed hê en swaarkry voordat jy suksesvol kan wees.]
• 'n Mens waardeer die skat eers as dit verlore is. [Goeie dinge word soms te laat waardeer.]
• Ons kom nou eers op stryk. [Aan die gang kom; weer aan die herstel wees.]
• Vee eers voor jou eie deur. [Sorg eers vir sake wat jou persoonlik raak.]
• As die donkie eers groenvoer geëet het. [As 'n mens eers iets ongeoorloofs gedoen het, is dit moeilik om dit nie weer te doen nie.]

Vertaling:
Engels: first, formerly, once, only
Nederlands: eerst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: daarna
Volgende onderwerp: aantal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 03:35:59 MGT 2024