Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vier
vier [boodskap #125512] Di, 30 April 2019 11:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vier
Afbreking: vier




Hooftelwoord: vier

Betekenis:
• Die getal 4. Een meer as drie en een minder as vyf.

Gebruik:
• Kan ek vier lekkers kry?
• Ek speel vier keer per week krieket.

Spreekwoord:
• Hy steek vas in sy vier spore. [Gaan staan doodstil.]
• Iemand onder vier oë sien. [Iemand alleen sien om hom te berispe.]
• 'n Perd met vier bene struikel ook. [Elkeen kan 'n fout begaan.]
Vier stewels in die lug lê. [Onderstebo lê; dood lê.]

Verwant:
• vierde

Vertaling:
Engels: four
Nederlands: vier
Sotho: nnê
Zoeloe: kune


Selfstandige naamwoord: vier
Meervoud: viere
Verkleinwoord: viertjie
Meervoud van verkleining: viertjies

Betekenis:
• Die syfer 4.
• 'n Grenshou in krieket waar die bal tot by of oor die grens rol.

Gebruik:
• Die vier maak my mal.
• Die krieketspeler het twee sesse en 'n vier geslaan.

Afgelei:
• vierdeel
• vierhoek
• vierkant
• vieruur

Vertaling:
Engels: four
Nederlands: vier


Werkwoord: vier
Verlede tyd: het gevier

Betekenis:
• Feestelik deurbring.

Gebruik:
• Hulle vier hul oorwinning.

Sinoniem:
• feesvier
• herdenk
• selebreer

Afgelei:
• viering

Homofoon:
• fier (vol regmatige trots)

Vertaling:
Engels: to celebrate
Nederlands: vier

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geen
Volgende onderwerp: dus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 05:39:57 MGT 2024