Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geen
geen [boodskap #125511] Di, 30 April 2019 11:42
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18999
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geen
Afbreking: geen
Uitspraak: /χɪə̯n/




Bepaalde hooftelwoord: geen

Betekenis:
• Nie een nie; niks; nul.

Gebruik:
• Gister was daar twee eiers in die nes, vandag is daar geen.

Antoniem:
• alle

Vertaling:
Engels: none
Nederlands: geen


Voornaamwoord: geen

Betekenis:
• Niemand nie (ontkennende onbepaalde voornaamwoord).

Gebruik:
Geen van die beskuldigdes het skuld erken nie.

Vertaling:
Engels: no
Nederlands: geen


Lidwoord: geen

Betekenis:
• Ontkennende onbepaald lidwoord.

Gebruik:
• Met hierdie skoene kan mens geen berg uitklim nie.

Sinoniem:
• g'n

Vertaling:
Engels: no
Nederlands: geen


Selfstandige naamwoord: geen
Meervoud: gene

Betekenis:
• (biologie) Draer van inligting oor erflike eienskappe.

Gebruik:
• Watter geen is vir die toestand verantwoordelik?

Vertaling:
Engels: gene
Nederlands: gen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: alle
Volgende onderwerp: vier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 09:12:43 MGT 2024