Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gebou
gebou [boodskap #125493] Ma, 29 April 2019 16:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die KwaZulu-Natalse parlementsgebou in Pietermaritzburg.
Die KwaZulu-Natalse parlementsgebou in Pietermaritzburg.
gebou
Afbreking: ge•bou




Selfstandige naamwoord: gebou
Meervoud: geboue
Verkleinwoord: geboutjie
Meervoud van verkleining: geboutjies

Betekenis:
• Mensgemaakte struktuur vir skuiling of om 'n spesifieke aktiwiteit te ondersteun (soos 'n huis, fabriek of kerk).

Gebruik:
• Die munisipaliteit het die oprigting van die gebou goedgekeur.

Afgelei:
• administrasiegebou
• buitegebou
• hofgebou
• hoofgebou
• kantoorgebou
• kerkgebou
• konsertgebou
• parlementsgebou
• skoolgebou

Vertaling:
Engels: building, structure
Nederlands: gebouw


Werkwoord: bou
Verlede tyd: gebou
Teenwoordige deelwoord: bouende

Betekenis:
• Verlede tyd van bou.

Gebruik:
• Ons het 'n huis gebou.

Spreekwoord:
• Rome is nie in een dag gebou nie. ['n Groot werk kom langsaam tot stand.]

Sinoniem:
• opgerig

Vertaling:
Engels: built
Nederlands: bouwde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dood
Volgende onderwerp: lewe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 05:42:26 MGT 2024