Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lewe
lewe [boodskap #125494] Ma, 29 April 2019 18:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lewe
Afbreking: le•we




Selfstandige naamwoord: lewe
Meervoud: lewes, lewens
Verkleinwoord: lewetjie
Meervoud van verkleining: lewetjies

Betekenis:
• Die voortbestaan van 'n organisme; toestand van nie dood wees nie; die proses van groei en wegkwyn; bestaan; asemhaal.

Gebruik:
• Die lewe op aarde het tydens die ystyd heel anders daar uitgesien as nou.

Spreekwoord:
• 'n Stryd om lewe en dood. ['n Besonder hewige stryd.]
• Sy lewe hang aan 'n draadjie. [Verkeer in baie groot gevaar.]
• Wel en wee van die lewe. [Die voor- en teenspoed van die lewe.]
• Solank daar lewe is, is daar hoop. [As jy nog lewe, kan jy sak nog beïnvloed.]

Antoniem:
• dood

Afgelei:
• dorpslewe
• plaaslewe
• stadslewe

Vertaling:
Engels: life, lifetime
Nederlands: leven


Werkwoord: lewe
Verlede tyd: het gelewe
Teenwoordige deelwoord: lewende

Betekenis:
• Die deurmaak van die lewe.

Gebruik:
• Hy lewe al twee jaar met die siekte.
• Ons sal lank lewe!

Spreekwoord:
• Hy lewe soos 'n koning. [Hy leef in weelde.]
• Tussen hoop en vrees lewe. [In onsekerheid lewe.]
• Hy lewe van brood en water. [Hy voer 'n hongerbestaan.]
• Hy lewe van die vet van die land. [Hy lewe in oorvloed.]
• Van die hand in die tand lewe. [Wat jy verdien, dadelik uitgee.]
• 'n Mens kan nie van brood alleen lewe nie. [Die geestelike is belangriker as die fisiese.]

Sinoniem:
• leef

Vertaling:
Engels: to live, exist
Nederlands: leven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gebou
Volgende onderwerp: gebore
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 16:40:21 MGT 2024