Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gebore
gebore [boodskap #125495] Ma, 29 April 2019 19:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gebore
Afbreking: ge•bo•re




Byvoeglike naamwoord: gebore

Betekenis:
• Ter wêreld gebring; gebaar.
• Begin; ontstaan.
• Deur herkoms of natuurlike aanleg ('n bepaalde eienskap besit).

Gebruik:
• Ek is in Bloemfontein gebore.
• Die plan is uit nood gebore.
• Mevrou De Vries, gebore Jansen.

Spreekwoord:
• Hy is moeg gebore. [Iemand wat baie lui is.]
• Met die goue lepel gebore. [Baie voorspoedig.]
• Sy is daar gebore en getoë. [Gebore en opgevoed.]
• Vir die ongeluk gebore. [Besonder teenspoedig wees.]

Antoniem:
• oorlede

Afkorting:
• geb.

Vertaling:
Engels: born
Nederlands: geboren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lewe
Volgende onderwerp: gevolg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 16:42:13 MGT 2024