Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klein
klein [boodskap #125471] Sa, 27 April 2019 15:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
klein
Afbreking: klein




Byvoeglike naamwoord: klein
Vergrotende trap: kleiner
Oortreffende trap: kleinste
Attributief: kleine
Partitief: kleins
Intensief: piepklein, muisklein, voëltjieklein

Betekenis:
• Nie groot of lank nie; met 'n grootte van minder as die normale.
• Nog jonk; nog 'n kind.
• Onbelangrik; gering; nie baie belangrik nie.

Gebruik:
• Ek het 'n klein karretjie aangeskaf.
• Toe ek klein was het ek rooi wange gehad.
• Ag, dit is sommer 'n klein probleempie.

Antoniem:
• groot

Spreekwoord:
• Dis die klein jakkalsies wat die wingerde verniel. [Dis klein foutjies wat groot moeilikheid maak.]
• Dit is die klein botteltjies wat die groot gif het. [Mense wat klein van persoon is, het dikwels meer dryfkrag.]
• Hy wil alles kort en klein slaan. [Hy wil alles breek.]
• Liewer klein heer as groot kneg. [Liewer op klein skaal baas as ryk en 'n ondergeskikte.]
Klein begin, aanhou win. [Wie volhard, sal slaag.]
Klein potjies het groot ore. [Kinders hoor meer as wat 'n mens dink.]
Klein van persoon, maar groot van patroon. [Iemand se verstand en bekwaamheid word nie na sy liggaamlike grootte beoordeel nie.]
• 'n Dik boom met 'n klein byltjie kap. [Met onvoldoende toerusting 'n groot taak aanpak.]

Vertaling:
Engels: small, little, slight, petty
Nederlands: klein

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vorm
Volgende onderwerp: genoem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 11:28:59 MGT 2024