Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vorm
vorm [boodskap #125470] Sa, 27 April 2019 15:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18903
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vorm
Afbreking: vorm
Uitspraak: /fɔrm/, /ˈforəm/




Selfstandige naamwoord: vorm
Meervoud: vorms, vorme
Verkleinwoord: vormpie
Meervoud van verkleining: vormpies

Betekenis:
• 'n Geometriese voorwerp se tipe voorkoms; gedaante (bv.: 'n Sirkel het 'n ronde vorm.)
• 'n Vraelys met inligting wat ingevul word.
• (gereedskap) 'n Voorwerp waarin/waarom iets gevorm kan word.

Gebruik:
• Die ding het 'n baie snaakse vorm.
• Vul die vorm volledig in.
• Polimere word dikwels in 'n vorm gegiet, geblaas of ingespuit om 'n produk te vervaardig.

Hiponiem:
• aansoekvorm
• inskrywingsvorm
• gietvorm
• gipsvorm
• spuitvorm

Afgelei:
• vormbank
• vormend
• vormer
• vormgewing
• vormig
• vorming
• vormkoekie
• vormloos
• vormstuk
• vormverskil
• vormwisseling

Spelfout:
• form

Vertaling:
Engels: form, figure, shape; mould
Nederlands: vorm, matrijs, mal


Werkwoord: vorm
Verlede tyd: het gevorm

Betekenis:
• In die regte vorm bring; 'n sekere vorm gee of aanneem.
• 'n Persoon leer en opvoed.
• Deel uitmaak van, fungeer as bousteen van.
• Maak; saamstel; veroorsaak.

Gebruik:
• Ek wil eers rondkyk en vir myself 'n mening vorm.
Vorm die kind se karakter terwyl hy nog jonk is.
• Insekte vorm die grootste groep van diere op aarde.
• Ekstremiste vorm 'n ernstige bedreiging vir ons samelewing.

Spreekwoord:
• Skering en inslag vorm. [Die gewoonte wees.]

Vertaling:
Engels: to form, shape
Nederlands: vormen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dan
Volgende onderwerp: klein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 16:49:31 MGT 2024