Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar?
SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22854 is 'n antwoord op boodskap #22857] Di, 11 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Haai almal

Ek het vandag 'n skokkende berrig gekry, en ek wil net hoor of dit nou
al weer 'n netrumour is of waar...

Ek verneem dat die ANC dit nou blykbaar een van hul verkiesingsstellings
gemaak het dat hulle dit wil deurvoer dat "blanke Suid-Afrikaners" wat
langer as drie jaar in die buiteland is outomaties hul burgerskap
verloor.

Ek is seker dat so 'n skreiende situasie wel in die pers daar sal tereg
kom, so laat maar weet.

-Gideon-

--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22855 is 'n antwoord op boodskap #22854] Di, 11 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Weet nie indien dit geld as jy die land
> waar jy woon se burgerskap het nie.

Dan kan jou eerste land jou burgerskap wegvat. Maar anders kan jy jou
burgerskap nooit verloor nie en jou kinders ook nie. Dis net jy wat daaroor
kan beslis.
Groete.
Hilda.

- Ons verneem nou dat die Belge in die buiteland vir die eerste keer sal kan
stem (op 13 Junie) - maar hulle benodig so baie administratiewe "papiere"
dat slegs 18 mense op die 560 000 Belge in die buiteland te kenne gegee het
dat hulle wil stem !! Tipies vir die Belgiese administrasie !
Nederlanders in dieselfde situasie benodig net een papier wat hulle by hul
ambassade kan kry.

--
E- mail :gervaas...@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005 en
http://myhuisie.webjump.com
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22856 is 'n antwoord op boodskap #22854] Di, 11 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
ra...@mweb.co.za (D Raavé) wrote:
> Ek dink dit is 'n rumour. Volgens, ek dink, die Geneevse konvensie mag
> jy niemand staatloos maak nie. Weet nie indien dit geld as jy die land
> waar jy woon se burgerskap het nie.
>
> Dick

Dankie Dick

Net - as ek dit nie mis het nie, is dit presies wat gebeur het met mense
wat Zimbabwe verlaat het na die oorname van Mugabe. Verder was hulle ook
volgens my onteien. Dit sal dan ook teen die Geneevse konvensie wees -
nie dat dit hulle gekeer het nie...

-Gideon-
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22857 is 'n antwoord op boodskap #22854] Di, 11 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ra...  is tans af-lyn  ra...
Boodskappe: 7
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek dink dit is 'n rumour. Volgens, ek dink, die Geneevse konvensie mag
jy niemand staatloos maak nie. Weet nie indien dit geld as jy die land
waar jy woon se burgerskap het nie.

Dick

On Tue, 11 May 1999 16:26:00 GMT, gide...@usa.net wrote:

> Haai almal
>
> Ek het vandag 'n skokkende berrig gekry, en ek wil net hoor of dit nou
> al weer 'n netrumour is of waar...
>
> Ek verneem dat die ANC dit nou blykbaar een van hul verkiesingsstellings
> gemaak het dat hulle dit wil deurvoer dat "blanke Suid-Afrikaners" wat
> langer as drie jaar in die buiteland is outomaties hul burgerskap
> verloor.
>
> Ek is seker dat so 'n skreiende situasie wel in die pers daar sal tereg
> kom, so laat maar weet.
>
> -Gideon-
>
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22865 is 'n antwoord op boodskap #22857] Wo, 12 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Waarom al die hullabaloo van Suid-Afrikaners wat in die buiteland bly wat
wil stem. Hoekom stem in elk geval, is dit nie n uitgemaakte saak dat die
ANC gaan inkom nie? En met n 2/3 meerderheid?

Pat
PS Ek voel baie traag om te stem as Clinton se tyd oor is, hier is nie
iemand wat my begeester nie. Ek hou nogal van Sen. McCain, maar wens
liewer Colin Powell wil staan, lyk my hy beweeg daardie kant toe.

>
> Dan kan jou eerste land jou burgerskap wegvat. Maar anders kan jy jou
> burgerskap nooit verloor nie en jou kinders ook nie. Dis net jy wat daaroor
> kan beslis.
> Groete.
> Hilda.
>
> - Ons verneem nou dat die Belge in die buiteland vir die eerste keer sal kan
> stem (op 13 Junie) - maar hulle benodig so baie administratiewe "papiere"
> dat slegs 18 mense op die 560 000 Belge in die buiteland te kenne gegee het
> dat hulle wil stem !! Tipies vir die Belgiese administrasie !
> Nederlanders in dieselfde situasie benodig net een papier wat hulle by hul
> ambassade kan kry.
>
> --
> E- mail :gervaas...@ping.be
> Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
> http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005 en
> http://myhuisie.webjump.com
>
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22873 is 'n antwoord op boodskap #22857] Do, 13 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 May 1999 16:26:00 GMT, gide...@usa.net wrote:

[/color]
> Ek verneem dat die ANC dit nou blykbaar een van hul verkiesingsstellings
> gemaak het dat hulle dit wil deurvoer dat "blanke Suid-Afrikaners" wat
> langer as drie jaar in die buiteland is outomaties hul burgerskap
> verloor.>>

In SA is daar niks hieroor bekend nie.

Dalk is dit net nog 'n histerie onder die uitgewekenes.

Hoekom gee jy om in elk geval? Het jy nie geemigreer nie?
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22892 is 'n antwoord op boodskap #22857] Vr, 14 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Johan le Riche (JLR) skryf :
> Ek praat uit
> ondervinding.

Wat het jou dan oorkom ? Het jy jou burgerskap verloor ?
Ek's 'n Belg en my ouers is in 1952 Kongo toe. My kinders is daar gebore en
ek het daar gebly tot in 1991 toe ons 'n soort revolusie geken het en alles
geplunder is. Toe kom Belgiese en Franse soldate om ons uit die land weg te
vat. Vir die Belge het België die reis "vaderland" toe betaal. Dus, na amper
40 jaar en sonder dat ek ooit een frank (Belgiese munt) belastings betaal
het in België, was ek nog steeds "Belg" genoeg vir die land om my te kom
haal ... 8000 kilos van die land af !
'n Mens het regte in sy offisiële land en ek kan nie sien hoe jou
nasionaliteit van jou kan weggeneem word nie. Behalwe natuurlik as jy twee
het, dan kan een daarvan geweier word. Belge het , in prinsipe, nie die reg
om twee nasionaliteite te hê nie.
Dalk is ons bevoorreg ?
Ek's nuuskierig vir jou antwoord.
Groete.
Hilda.
--
E- mail :gervaas...@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22893 is 'n antwoord op boodskap #22857] Vr, 14 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 May 1999 16:26:00 GMT, gide...@usa.net wrote:

> Haai almal
>
> Ek het vandag 'n skokkende berrig gekry, en ek wil net hoor of dit nou
> al weer 'n netrumour is of waar...

So jammer ne..
>
> Ek verneem dat die ANC dit nou blykbaar een van hul verkiesingsstellings
> gemaak het dat hulle dit wil deurvoer dat "blanke Suid-Afrikaners" wat
> langer as drie jaar in die buiteland is outomaties hul burgerskap
> verloor.

Reg...
Die eerste vraag is wat soek jy in die Buiteland..
As jy gevlug het vir misdaad, geweld, ens. BLY dan daar.. Jy word nie
weer hier gesoek nie, want jy is `n swakkeling en `n verloorder.
As jy om enige ander rede gegaan het, studies, kontrak werk, ens.
wel jou burgerskap en stem betekin nou in elk gevan niks vir Suid
Afrika nie, so hoekom skrik.

Harde waarheid my maat...
Groete
Frikkie
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22894 is 'n antwoord op boodskap #22857] Vr, 14 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> As jy gevlug het vir misdaad, geweld, ens. BLY dan daar.. Jy word nie
> weer hier gesoek nie, want jy is `n swakkeling en `n verloorder.

Dit is 'n vreeslike oordeel om te vel ! Gelukkig het van jou voorvaders hul
land verlaat - elk vir sy eie redes - anders het jy nou nie in SA gebly nie,
maar êrens in Holland of Frankryk (of dalk België).
Jy kan nie 'n ander mens se dryfvere beoordeel nie en ek dink dis baie
moedig om jou vaderland te verlaat en op 'n vreemde wêrelddeel, met mense
wat 'n anderse mentaliteit het, te gaan bly en werk.
En ek verstaan dat dit vreeslik moet wees as jy besef dat jy dalk jou
nasionaliteit kan verloor - dis asof jy deel van jou identiteit verloor.
Groete.
Hilda.

--
E- mail :gervaas...@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22895 is 'n antwoord op boodskap #22857] Vr, 14 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In skrywe het gervaas...@ping.be
die volgende te sê gehad ...
>
> Dan kan jou eerste land jou burgerskap wegvat. Maar anders kan jy jou
> burgerskap nooit verloor nie en jou kinders ook nie. Dis net jy wat daaroor
> kan beslis.

Ekskuus. 'n Burokraat kan beslis oor jou en jou kinders se burgerskap al
dan nie, hetsy deur sy/haar werk te doen, dit nie te doen nie, deur
doodgewoon inkompetent te wees, of moedswillig te wees. Burgerskap
behoort aan die persoon met die pen, dis nie joune nie, en jy het geen
beheer daaroor nie, al laat hulle jou graag anders dink. Ek praat uit
ondervinding.
___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22914 is 'n antwoord op boodskap #22857] Sa, 15 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
roy...@my-dejanews.com writes:

> "Gervaas Hellin" wrote:
>
>> En ek verstaan dat dit vreeslik moet wees as jy besef dat jy dalk jou
>> nasionaliteit kan verloor - dis asof jy deel van jou identiteit verloor.
>> Groete.
>> Hilda.
>
> Maar ek glo nie dat mens ooit jou nasionaliteit kan verloor nie.

"Burgerskap" is 'n wetlike term. Dis
dit wat jy het van 'n land waar jy as
"burger" geregistreer is, die voordele
as burger van daardie land kan geniet,
en die verpligtinge moet nakom wat van
jou as burger van daardie land vereis
word (byvoorbeeld belasting betaal,
wette gehoorsaam, ens.) Mense in hierdie
bespreking verwar soms die woorde
burgerskap en nasionaliteit (wat wyer
konnotasies as net "burgerskap" het.)

Wanneer Mr. Le Riche met bitterheid
praat, vermoed ek die volgende, omdat
ek baie Le Riches geken het wat in
die voormalige Suidwes-Afrika (nou
Namibia) gewoon het. Toe Namibia
'n onafhanklike staat geword het
(in plaas van onder die mandaat van
SA te wees - daar geplaas na die
Eerste Wereld-Oorlog) het baie mense
wat SA burgers was, seker skielik
Namibiese burgers geword. Vir die
oorgrote meerderheid van mense het
dit seker nie saak gemaak nie. Maar
as mense nou teen die hele proses
van Namibiese onafhanklikheid was,
dan was dit nog een meer ding om oor
te kla - dat hulle nou hulle SA
burgerskap verloor het.

Ek mag natuurlik verkeerd wees, en
dat Mr. Le Riche iets anders bedoel
het. Maar ek weet dat baie Le Riches
wat eers met SA paspoorte rondgeloop
het, nou met Namibiese paspoorte moet
rondgaan. Dit was vir my ook interessant
dat my seun, 'n Kanadese burger, 'n
visa moes kry om Namibia binne te gaan,
selfs op 'n kanoe-oortog van die Oranje.
Hy was op 'n studente-visa in SA. Gewone
toeriste van binne die Commonwealth
hoef nie SA visas te kry om SA binne te
gaan nie.

Gloudina
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22915 is 'n antwoord op boodskap #22857] Sa, 15 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"Gervaas Hellin" wrote:

> En ek verstaan dat dit vreeslik moet wees as jy besef dat jy dalk jou
> nasionaliteit kan verloor - dis asof jy deel van jou identiteit verloor.
> Groete.
> Hilda.

Maar ek glo nie dat mens ooit jou nasionaliteit kan verloor nie. Dit
berus tog nie op 'n stukkie papier of 'n paspoort nie - dis in jou
hart. Niemand kan ooit van jou af wegneem waar jy gebore is of hoe jy
voel nie. Vir my maak dit werklik nie saak of hulle dit nou wet gaan
maak of nie - my burgerskap is in my. Die regte en voorregte (wat dit
ook al deesdae mag wees) kan hulle miskien wetlik van my wegneem, maar
wat in my binneste is, is altyd daar.

En my een ou stemmetjie het deur al die apartheidsjare tog geen verskil
gemaak nie... En my Australiese paspoort neem my orals waar ek wil
wees...

Groete
Royleen

--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22944 is 'n antwoord op boodskap #22857] So, 16 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kleintjie  is tans af-lyn  kleintjie
Boodskappe: 5
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Vir Bitterbek:
Vir die meeste van ons wat buiteland toe is was dit n oorlewings besluit.
Ek is op pad terug na my land en dan gaan ek die wat nou so diskremeneer
teen my Afrikanderskap hel gee. Weet dit mooi!!!
Jy is waarskynlik te sleg om iets positiefs uit te rig.
My baklei het nie gaan le nie ou pel.
Al was ek beroof, met n vuurwapen gedreig en kon die polisie nie eers 2
swartes vang wat dit gedoen het nie. Maar ek het die een goed gebliksem.
Ook het ek bankrot gegaan met die ekonomie saam en daarom is ek hier.
Maar ek kom terug en ek hoop JY is dan nog daar.
(nie vir ferdie maar vir die poepol onder aan sy sy bydrae)
Francois
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Tue, 11 May 1999 16:26:00 GMT, gide...@usa.net wrote:
>
> >
>> Ek verneem dat die ANC dit nou blykbaar een van hul verkiesingsstellings
>> gemaak het dat hulle dit wil deurvoer dat "blanke Suid-Afrikaners" wat
>> langer as drie jaar in die buiteland is outomaties hul burgerskap
>> verloor.>>
>
> In SA is daar niks hieroor bekend nie.
>
> Dalk is dit net nog 'n histerie onder die uitgewekenes.
>
> Hoekom gee jy om in elk geval? Het jy nie geemigreer nie?
>
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22945 is 'n antwoord op boodskap #22857] So, 16 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> dat hulle nou hulle SA
burgerskap verloor het.

Dankie, Gloudine, vir die verduideliking. Groete. Hilda.

--
E- mail :gervaas...@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22976 is 'n antwoord op boodskap #22857] Ma, 17 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[2]  is tans af-lyn  daniel[2]
Boodskappe: 31
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
kleintjie wrote in message ...
> Vir Bitterbek:
> Vir die meeste van ons wat buiteland toe is was dit n oorlewings besluit.
> Ek is op pad terug na my land en dan gaan ek die wat nou so diskremeneer
> teen my Afrikanderskap hel gee. Weet dit mooi!!!
> Jy is waarskynlik te sleg om iets positiefs uit te rig.
> My baklei het nie gaan le nie ou pel.
> Al was ek beroof, met n vuurwapen gedreig en kon die polisie nie eers 2
> swartes vang wat dit gedoen het nie. Maar ek het die een goed gebliksem.
> Ook het ek bankrot gegaan met die ekonomie saam en daarom is ek hier.
> Maar ek kom terug en ek hoop JY is dan nog daar.

Moer hom sommer vir my part ook
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22977 is 'n antwoord op boodskap #22857] Ma, 17 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:

>
> In SA is daar niks hieroor bekend nie.
>
> Dalk is dit net nog 'n histerie onder die uitgewekenes.
>
> Hoekom gee jy om in elk geval? Het jy nie geemigreer nie?
>
Ferdi

Ja, dit is moontlik histerie - dit is wat ek probeer bepaal. En nee, ek
het nie emigreer nie. EK is hier op 'n werkspermit wat geldig is tot
volgende jaar Junie met 'n opsie om te verleng. Op hierdie oomblik
interesseer emigrasie my nie. As die rumour waaroor ek hier navraag die
egter waar is, is die implikasies egter so groot dat ek dalk wel
emigrasie mag oorweeg. Dan beteken dit dat SA is besig om af te wentel
tot 'n vlak waar hulle internasionale ooreenkomste soos deur hulle
onderteken ignoreer en dui dit daarop dat die Suid-Afrikaanse demokrasie
dalk in groter gevaar is as wat mense dink.

-Gideon-

--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22978 is 'n antwoord op boodskap #22857] Ma, 17 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
>

> Dan beteken dit dat SA is besig om af te wentel
> tot 'n vlak waar hulle internasionale ooreenkomste soos deur hulle
> onderteken ignoreer en dui dit daarop dat die Suid-Afrikaanse demokrasie
> dalk in groter gevaar is as wat mense dink.

Waarom is die eerste respons om altyd aan die slegste te gryp en die slegste te
verwag? 'n Eenvoudige telefoonoproep aan die Suid-Afrikaanse ambassade sou in
elk geval die rumour binne 'n paar minute opgeklaar het.
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22979 is 'n antwoord op boodskap #22857] Ma, 17 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[2]  is tans af-lyn  daniel[2]
Boodskappe: 31
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Frikkie Potgieter wrote in message ...
> On Tue, 11 May 1999 16:26:00 GMT, gide...@usa.net wrote:
>
>> Haai almal
>>> Reg...
> Die eerste vraag is wat soek jy in die Buiteland..
> As jy gevlug het vir misdaad, geweld, ens. BLY dan daar.. Jy word nie
> weer hier gesoek nie, want jy is `n swakkeling en `n verloorder.
> As jy om enige ander rede gegaan het, studies, kontrak werk, ens.
> wel jou burgerskap en stem betekin nou in elk gevan niks vir Suid ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
> Afrika nie, so hoekom skrik.
>
> Harde waarheid my maat...
> Groete
> Frikkie
>

En jy dink jou stem beteken iets?

Nog 'n harder waarheid
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #22980 is 'n antwoord op boodskap #22857] Ma, 17 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message
...

> "Burgerskap" is 'n wetlike term. Dis
> dit wat jy het van 'n land waar jy as
> "burger" geregistreer is, die voordele
> as burger van daardie land kan geniet,
> en die verpligtinge moet nakom wat van
> jou as burger van daardie land vereis
> word (byvoorbeeld belasting betaal,
> wette gehoorsaam, ens.) Mense in hierdie
> bespreking verwar soms die woorde
> burgerskap en nasionaliteit (wat wyer
> konnotasies as net "burgerskap" het.)

Nee, Gloudina, nou praat jy sommer 'n klomp twak.

Burgerskap en nasionaliteit is dieselfde ding.

En die verpligting om belasting te betaal en om 'n land se wette
te gehoorsaam het niks met 'n mens se burgerskap of nasionaliteit
uit te waai nie.

Het julle daar in Kanada, bo en behalwe burgerskap (of
nasionaliteit), nie ook nog te doen met getrouheid aan die Britse
Kroon nie? Dis nou weer vir jou 'n ander ding! Raak jy nie dalk
daarmee in die war nie?

Om terug te kom op die ding wat Gideon so bekommer: In lande wat
as beskaafde lande wil deurgaan kan 'n burokraat jou nie sommer
willekeurig, met 'n pennestreek (soos iemand anders onlangs hier
beweer het), van jou burgerskap ontneem nie. Selfs burokrate
moet hulleself by die wette van die land hou. Dalk moet Gideon
begin daarmee om die Suid-Afrikaanse grondwet te lees. Daar
staan dit kort en kragtig:

"Geen burger mag burgerskap ontneem word nie." (Art 20)

En ook:

"Elke burger het die reg om die Republiek binne te kom, daarin
aan te bly, en op enige plek daarin verblyf te neem." (Art 21.3)

As jy nie 'n S.A. burger is nie en die land vir 'n lang tyd
verlaat, of as jy vrywillig die burgerskap van 'n ander land
opneem, dan kan jy natuurlik probleme optel.

Die grondwet kan natuurlik gewysig word (met 'n twee-derde
meerderheid). Maar as daar dan aan hierdie bepalings oor
burgerskap getorring sou word dan loop die land die risiko om gou
weer 'n muishond onder die nasies te word. Ek verwys hier na die
bepalings van die VVO se Universal Declaration of Human Rights:

"No one shall be arbitrarily deprived of his nationality nor
denied the right to change his nationality." (Art 15.2)

en

"Everyone has the right to leave any country, including his own,
and to return to his country." (Art 13.2)

Hierdie Universal Declaration is natuurlik nie die wet van die
land nie, maar dit geld as't ware as 'n "gentleman's agreement"
tussen state, insluitende Suid-Afrika.

My raad aan Gideon is: Moenie worry nie, en pluk die dag terwyl
jy die kans kry daar in Nedeland.

> Wanneer Mr. Le Riche met bitterheid
> praat, vermoed ek die volgende, omdat
> ek baie Le Riches geken het wat in
> die voormalige Suidwes-Afrika (nou
> Namibia) gewoon het. Toe Namibia
> 'n onafhanklike staat geword het
> (in plaas van onder die mandaat van
> SA te wees - daar geplaas na die
> Eerste Wereld-Oorlog) het baie mense
> wat SA burgers was, seker skielik
> Namibiese burgers geword. Vir die
> oorgrote meerderheid van mense het
> dit seker nie saak gemaak nie. Maar
> as mense nou teen die hele proses
> van Namibiese onafhanklikheid was,
> dan was dit nog een meer ding om oor
> te kla - dat hulle nou hulle SA
> burgerskap verloor het.

Van Namibië en burgerskap gepraat: Die posisie daar, na die
Eerste Wêreld-oorlog, was dat Suid-Afrika 'n wet gepasseer het
ingevolge waarvan "vyandsonderdane" 'n 6-maande tydperk gegee is
om 'n verklaring te onderteken dat hulle nie genaturaliseer wil
word nie. Iemand wat nie die verklaring onderteken het nie het
outomaties 'n "Britse onderdaan" geword. Alhoewel dié wat nie
geteken het nie toe deur Suid-Afrika as Britse onderdane beskou
is is hulle nie deur Brittanje as Britse onderdane erken nie.
Duitsland het hierdie "naturalisasie by verstek" ook nie erken
nie, en volgens Duitsland het hulle dus Duitse burgers gebly.
Gedurende die Tweede Wêreld-oorlog (nou was daar natuurlik
probleme met verdeelde lojaliteite) is die massa-naturalisasie
weer ongedaan gemaak en het al die genaturaliseerdes skielik weer
"vreemdelinge" geword, met uitsondering van diegene wat as
vrywilligers in die Unie-verdedigingsmag gedien het! Weet iemand
van 'n groter deurmekaarspul?

Swart Simon
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #23013 is 'n antwoord op boodskap #22857] Di, 18 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Boerseun[1]  is tans af-lyn  Boerseun[1]
Boodskappe: 15
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Kom by en lees tog net die skrywes korrek en dalk kom julle eendag reg of
terug.

Hang ook net af wie julle wil kom rondtik - Afrikanerdom of Boervolk. (nog
steeds DOM)

Hoekom een nou die ander vra om vir sy part te kom tik?

Ook net soos die NP van destyds wie eers spanne karate spesialiste saamgery
het en toe die klomp nie die Boere kon keer toe bring hulle die polisie EN
weermag.

Nou ja, julle sal wel in die toekoms die kans kry om die Boer te
konfronteer.

Onthou net, die keer sal nie julle, Brit of Yank dit regkry om ons
kinders in hul duisende te vermoor.

Boerseun

Daniel wrote in message ...
>
> Frikkie Potgieter wrote in message ...
>> On Tue, 11 May 1999 16:26:00 GMT, gide...@usa.net wrote:
>>
>
> En jy dink jou stem beteken iets?
>
> Nog 'n harder waarheid
>
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #23014 is 'n antwoord op boodskap #22857] Di, 18 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Verstaan jy nou waarom ek papier-
> burgerskap nie beskou as iets onaantasbaar nie, maar eerder as
> ondergeskik aan die individuele giere van klein burokraatjies ?

Ja, ek verstaan en ek is jammer dat dit jou oorkom het. Veral vir jou kind
is dit 'n haglike situasie. Kry kinders dan nie outomaties hul ouers se
nasionaliteit nie ? My sussie is in Kongo gebore en ons kinders ook, maar
hulle het almal outomaties die Belgiese nasionaliteit gekry. Ons het hulle
(die kinders, want toe my sussie gebore is, was Kongo nog 'n Belgiese
kolonie) onmiddellik by die Belgiese ambassade laat registreer.
Wel, ek hoop dat jy 'n oplossing sal vind vir jou kind !
Om sonder 'n nasionaliteit te wees is amper dieselfde as om sonder 'n van te
wees !
Groete.
Hilda.
E- mail :gervaas...@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #23015 is 'n antwoord op boodskap #22857] Di, 18 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote in message ...
>
> Waarom is die eerste respons om altyd aan die slegste te gryp en die slegste te
> verwag? 'n Eenvoudige telefoonoproep aan die Suid-Afrikaanse ambassade sou in
> elk geval die rumour binne 'n paar minute opgeklaar het.

Hmmmm.....

Dit hang af of jy kan glo wat die Suid-Afrikaanse regering kwytraak. Ek vind
dat dit nie wys is om te veel geloof in daardie instelling te hê nie. (Nou
of in die verlede.)
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #23016 is 'n antwoord op boodskap #22857] Di, 18 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> Simon van der Schans wrote in message

>> Nee, Gloudina, nou praat jy sommer 'n klomp twak.
>
>
> Amen

Well, hello, Leendert
hello, Leendert
Glad to see you back
where you belong,
It's been a long time, Leendert

... kan nie verder onthou
nie. Goed om te sien jou
tong is nog net so gevurk
soos altyd. Het jy in die
wildernis rondgeswerf en les
geneem by die slange?

Gloudina
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #23017 is 'n antwoord op boodskap #22857] Di, 18 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net wrote in message ...
> Haai almal
>
> Ek het vandag 'n skokkende berrig gekry, en ek wil net hoor of dit nou
> al weer 'n netrumour is of waar...
>
> Ek verneem dat die ANC dit nou blykbaar een van hul verkiesingsstellings
> gemaak het dat hulle dit wil deurvoer dat "blanke Suid-Afrikaners" wat
> langer as drie jaar in die buiteland is outomaties hul burgerskap
> verloor.
>
> Ek is seker dat so 'n skreiende situasie wel in die pers daar sal tereg
> kom, so laat maar weet.

Nee, wat, Gideon.

Die SA pers is in so 'n identiteitskrisis dat hulle besig is om heeltemal
outisties te word.
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #23018 is 'n antwoord op boodskap #22857] Di, 18 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In skrywe het gervaas...@ping.be
die volgende te sê gehad ...
> Wat het jou dan oorkom ? Het jy jou burgerskap verloor ?
> Ek's 'n Belg en my ouers is in 1952 Kongo toe. My kinders is daar gebore en
> ek het daar gebly tot in 1991 toe ons 'n soort revolusie geken het en alles
> geplunder is. Toe kom Belgiese en Franse soldate om ons uit die land weg te
> vat. Vir die Belge het België die reis "vaderland" toe betaal. Dus, na amper
> 40 jaar en sonder dat ek ooit een frank (Belgiese munt) belastings betaal
> het in België, was ek nog steeds "Belg" genoeg vir die land om my te kom
> haal ... 8000 kilos van die land af !
> 'n Mens het regte in sy offisiële land en ek kan nie sien hoe jou
> nasionaliteit van jou kan weggeneem word nie. Behalwe natuurlik as jy twee
> het, dan kan een daarvan geweier word. Belge het , in prinsipe, nie die reg
> om twee nasionaliteite te hê nie.
> Dalk is ons bevoorreg ?
> Ek's nuuskierig vir jou antwoord.

Ek praat nie van die burgerskap van die hart nie, maar wel van die
burgerskap wat net op papier bestaan, maar nogtans die mag het om jou
lewe te bedonder.

Ek is 'n Namibiër by geboorte. Voor onafhanklikheid was ons almal Suid-
Afrikaanse burgers. Na onafhanklikheid het ek aansoek gedoen om Namibiese
burgerskap. Reelmatig verlore vorms, heraansoeke, dae se gestaan in toue
en drie jaar later word ek gedeporteer. Na Suid-Afrika, want ek is dan 'n
Suid-Afrikaner (sê hulle). Nee, die Suid-Afrikaanse regering het niemand
gestuur om my te kom help nie, inteendeel, hulle wou my summier
terugstuur, want hulle was baie oortuig ek is juis *nie* 'n Suid-
Afrikaner nie. Lang storie volg, maar vandag sit ek amptelik met Suid-
Afrikaanse burgerskap; ek moet immers werk. Stel jou die absurde
belediging daarvan voor: ek moes die Namibiese burgerskap (wat ek nooit
op papier gehad het nie, maar vandag nog in die hart het) afsweer voordat
ek mag aansoek doen vir Suid-Afrikaanse burgerskap (wat ek volgens
Namibië deurgaans gehad het).

Dis nou maar net ek. My kind se geboortesertifikaat sê hy is in Windhoek
gebore en daar geregistreer, maar die afskrif wat ek het is die enigste
een wat klaarblyklik bestaan. Dit was voor onafhanklikheid. Die
registrasie moes na Pretoria gestuur gewees het, maar hulle het dit nie.
Terselfdertyd is ook geen rekord daarvan in Windhoek nie. Altwee lande
trek hulle skouers op. Effektief bestaan die kind nie. Oor 6 jaar gaan hy
'n ID-dokument begin nodigkry. Prettige gedagte.

Ons gevalle is nie geïsoleer nie. Verstaan jy nou waarom ek papier-
burgerskap nie beskou as iets onaantasbaar nie, maar eerder as
ondergeskik aan die individuele giere van klein burokraatjies ?

___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #23037 is 'n antwoord op boodskap #22857] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
>>
>
>> Dan beteken dit dat SA is besig om af te wentel
>> tot 'n vlak waar hulle internasionale ooreenkomste soos deur hulle
>> onderteken ignoreer en dui dit daarop dat die Suid-Afrikaanse demokrasie
>> dalk in groter gevaar is as wat mense dink.
>
> Waarom is die eerste respons om altyd aan die slegste te gryp en die slegste te
> verwag?

Het jy al gehoor van Pavlov se hond?

> 'n Eenvoudige telefoonoproep aan die Suid-Afrikaanse ambassade sou in
> elk geval die rumour binne 'n paar minute opgeklaar het.
>

Ja, dit kon miskien wel die geval wees, maar daar is 'n aantal dinge om
op te let:
1. Die ambassade sou volgens my nie noodwendig Suid-Afrikaanse
binnelandse nuus volg tot op die punt waar hulle die
verkiesingsveldtog van een van die ANC politici sou volg nie.

2. Ek het op die net gekyk na o.a. die ANC se site en 'n paar van die
online koerante en niks daar gesien nie. Dus kon ek met veiligheid
aanneem dat die Ambassade ook geen intelligente antwoord sou kon gee
nie.

3. Het jy onlangs inligting probeer aanvra by 'n SA ambassade? Ek spaar
eerder die moeite en burokrasie en vra aan mense wat my ten minste 'n
antwoord sal gee.

Ten laaste - dit is ook 'n interessante besprekingspunt en ek sou graag
die reaksie en terugvoer probeer kry van 'n groep mense met verskillende
opinies (en agendas). Dit gee soms tog 'n geleentheid om nie net die
amptelike "Partyline" te hoor nie.

O, voor ek vergeet - lees die stelling wat jy aanhaal in die lig van die
res van my posting en dan ook in die lig van die posting waarop ek
reageer. Dit mag jou dalk in staat stel om (met so 'n bietjie geluk en
net so 'n bietjie wysheid) die konteks korrek te interpreteer.

-Gideon-

--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #23038 is 'n antwoord op boodskap #22857] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[2]  is tans af-lyn  daniel[2]
Boodskappe: 31
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Jy maak nie eintlik sin nie - verduidelik bietjie beter asb.

Boerseun wrote in message ...
> Kom by en lees tog net die skrywes korrek en dalk kom julle eendag reg of
> terug.
>
> Hang ook net af wie julle wil kom rondtik - Afrikanerdom of Boervolk. (nog
> steeds DOM)
>
> Hoekom een nou die ander vra om vir sy part te kom tik?
>
> Ook net soos die NP van destyds wie eers spanne karate spesialiste saamgery
> het en toe die klomp nie die Boere kon keer toe bring hulle die polisie EN
> weermag.
>
> Nou ja, julle sal wel in die toekoms die kans kry om die Boer te
> konfronteer.
>
> Onthou net, die keer sal nie julle, Brit of Yank dit regkry om ons
> kinders in hul duisende te vermoor.
>
> Boerseun
>
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #23039 is 'n antwoord op boodskap #22857] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...
>
> Simon van der Schans wrote in message
> ...

>> Selfs burokrate
>> moet hulleself by die wette van die land hou.

> Burokrate kan doen wat hulle wil - totdat die burgers hulle teengaan en die
> aandag van 'n hof daarop vestig.

Q.E.D. Wat wil jy nog meer?

Swart Simon
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #23040 is 'n antwoord op boodskap #22857] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote in message
...

> Nee, Gloudina, nou praat jy sommer 'n klomp twak.

Amen

>
> Burgerskap en nasionaliteit is dieselfde ding.

Amen

>
> En die verpligting om belasting te betaal en om 'n land se wette
> te gehoorsaam het niks met 'n mens se burgerskap of nasionaliteit
> uit te waai nie.
>
> Het julle daar in Kanada, bo en behalwe burgerskap (of
> nasionaliteit), nie ook nog te doen met getrouheid aan die Britse
> Kroon nie? Dis nou weer vir jou 'n ander ding! Raak jy nie dalk
> daarmee in die war nie?

Dis die punt - Gloudina is 'n onderdaan - nie'n burger nie.

Onderdane verstaan nie van burgerskap nie - vra die Amerikaanse bure van
Gloudina.

>
> Om terug te kom op die ding wat Gideon so bekommer: In lande wat
> as beskaafde lande wil deurgaan kan 'n burokraat jou nie sommer
> willekeurig, met 'n pennestreek (soos iemand anders onlangs hier
> beweer het), van jou burgerskap ontneem nie. Selfs burokrate
> moet hulleself by die wette van die land hou. Dalk moet Gideon
> begin daarmee om die Suid-Afrikaanse grondwet te lees. Daar
> staan dit kort en kragtig:

[Trompetgeskal]

Nonesens!

Burokrate kan doen wat hulle wil - totdat die burgers hulle teengaan en die
aandag van 'n hof daarop vestig.
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #23041 is 'n antwoord op boodskap #22857] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
>

> Het jy al gehoor van Pavlov se hond?

Om dit af te maak in simplistiese stimulus-respons kondisioneringsterme is
banaal. Sou jy egter met gedragsmetafore wou bly, is Skinner se duif meer
gepas as Pavlov se hond. En terwyl jy besig is, gooi sommer Bandura se pop in
- het jy al van hulle gehoor?

> Ja, dit kon miskien wel die geval wees, maar daar is 'n aantal dinge om
> op te let:
> 1. Die ambassade sou volgens my nie noodwendig Suid-Afrikaanse
> binnelandse nuus volg tot op die punt waar hulle die
> verkiesingsveldtog van een van die ANC politici sou volg nie.
>
> 2. Ek het op die net gekyk na o.a. die ANC se site en 'n paar van die
> online koerante en niks daar gesien nie. Dus kon ek met veiligheid
> aanneem dat die Ambassade ook geen intelligente antwoord sou kon gee
> nie.

"Met veiligheid"? Wil jy voorgee dat 'n diplomatieke korps hul inligting oor
wet, burgerskap en regulasie vanaf koerante kry? Hemel behoed ons.

> 3. Het jy onlangs inligting probeer aanvra by 'n SA ambassade? Ek spaar
> eerder die moeite en burokrasie en vra aan mense wat my ten minste ´n
> antwoord sal gee.

Ja - twee weke gelede. Die Suid-Afrikaanse konsulaat in Chicago, wat duidelike
antwoorde verskaf het vir my vrae.

> Ten laaste - dit is ook 'n interessante besprekingspunt en ek sou graag
> die reaksie en terugvoer probeer kry van 'n groep mense met verskillende
> opinies (en agendas). Dit gee soms tog 'n geleentheid om nie net die
> amptelike "Partyline" te hoor nie.

Hiermee gaan ek akkoord. Goeie punt.

> O, voor ek vergeet - lees die stelling wat jy aanhaal in die lig van die
> res van my posting en dan ook in die lig van die posting waarop ek
> reageer. Dit mag jou dalk in staat stel om (met so 'n bietjie geluk en
> net so 'n bietjie wysheid) die konteks korrek te interpreteer.

Voor EK vergeet. Die response hierbo mag jou dalk in staat stel om (met so 'n
bietjie oopheid en net so 'n bietjie wysheid) te besef hoe patronizing en
condescending jou pos ervaar was.
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #23042 is 'n antwoord op boodskap #22857] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...
>
> Simon van der Schans wrote in message
> ...

>> Selfs burokrate
>> moet hulleself by die wette van die land hou.

> Burokrate kan doen wat hulle wil - totdat die burgers hulle teengaan en die
> aandag van 'n hof daarop vestig.

Q.E.D. Wat wil jy nog meer? Rugby-wedstryde sonder 'n
skeidsregter?

Swart Simon
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #23082 is 'n antwoord op boodskap #22857] Do, 20 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

>
> Voor EK vergeet. Die response hierbo mag jou dalk in staat stel om (met so 'n
> bietjie oopheid en net so 'n bietjie wysheid) te besef hoe patronizing en
> condescending jou pos ervaar was.
>
>

Vreemd hoe "patronizing en condescending" 'n soortgelyke reaksie uitlok.
..

Ek kan dink hoe dit ervaar was, want ek weet hoe dit bedoel was. Vreemd
hoe gou jy die inhoud en trant van jou posting waarop ek reageer het
vergeet. Ons kan natuurlik 'n ooreenkoms maak - as jy nie tot op die
vlak daal nie, hoef ek ook nie.

-Gideon-

--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---
Re: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar? [boodskap #23110 is 'n antwoord op boodskap #22857] Vr, 21 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote in message
> ...
>>
>> Simon van der Schans wrote in message
>> ...
>
>
>>> Selfs burokrate
>>> moet hulleself by die wette van die land hou.
>
>> Burokrate kan doen wat hulle wil - totdat die burgers hulle teengaan en die
>> aandag van 'n hof daarop vestig.
>
>
> Q.E.D. Wat wil jy nog meer?
>
> Swart Simon

Die geld om die hofkoste te betaal.
Vorige onderwerp: Soek werk in Amerika
Volgende onderwerp: Die Stemmery vanuit buiteland ..
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 19:09:34 MGT 2024