Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Soek werk in Amerika
Soek werk in Amerika [boodskap #22883 is 'n antwoord op boodskap #22884] Do, 13 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Pw Botha  is tans af-lyn  Pw Botha
Boodskappe: 19
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ja ek raak ook nou moeg vir al die nonsens wat hier aangaan. Ek self kan dit
nog hanteer en seker enduit deurvoer, maar ek moet aan my drie seuntjies
dink; watse kans gaan hulle oor 20 jaar in hierdie land he?

Mense hier se alles sal regkom ; maar ten watter prys. Skoolverlaters word
na 5 maande uit technikons gesit omrede iemand anders korrip was en hulle
toekoms vertroebel het. Ek wil nie swartgallig klink nie, maar hier moet
ons wegkom.

Ek sal graag in Amerika wil werk en bly , selfs Kanada ook.

Ek is 'n rekenaar programmeerder/annalis. Het my RDV Nasionale Diploma. Het
so 9 jaar RPG ondervinding. (2,400,ILE). Tans 31 jaar oud, getroud , 3
seuns van 2.5 * 2 + 1 * 3.5

Enige iemand daar ver oor die groot waters kan my email by

pwb...@stocks.co.za

Vriendelike groete

PW
(Die klein krokkedil)
Re: Soek werk in Amerika [boodskap #22884 is 'n antwoord op boodskap #22883] Do, 13 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
PW se:
>
> Ek sal graag in Amerika wil werk en bly , selfs Kanada ook.
>

Nou ja, as jy gese het "of Kanada" sou ek dit oorweeg het om jou te help!
;-)

Bees, Alberta-bees
Re: Soek werk in Amerika [boodskap #22907 is 'n antwoord op boodskap #22884] Vr, 14 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
>

> Die vraag is, wil ons jou hier
> verwelkom as ons jou tweede keuse
> is?

Nee, Gloudina, die vraag is: "Wil ons jou hier verwelkom" (punt.).

Ek herinner my daaraan dat Kanada en Australie (asook Brittanje in 'n mindere
mate) in die sestigerjare hul grense relatief oopgehou het vir swart
apartheidsprotesteerders en 'n heenkome gebied het aan talle suid-afrikaners
(hoofsaaklik "kleurlinge"). Die skandinawiese lande, en veral Swede, het weer
'n soortgelyke heenkome gebied aan veral Xhosa and Zulu sprekende
Suid-Afrikaners. Die VSA, in dieselfde tydsperiode het amper geen Afrikane,
laat staan swart suid-afrikaners, toegelaat nie - 'n toestand wat selfs vandag
geld, terwyl die grense vir immigrante vanaf Pole en die eertydse russiese
republieke wyd oop bly. Laat mens wonder.
Re: Soek werk in Amerika [boodskap #22908 is 'n antwoord op boodskap #22884] Vr, 14 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Pw Botha" writes:
>
> Ek sal graag in Amerika wil werk en bly ,
selfs Kanada ook.

So, jy wil liewer in die VSA bly, eh?
Dis kleiner as Kanada in oppervlakte,
(net Rusland is groter as Kanada).
Wil jy in 'n plek bly wat vervuil
is met wapens? Kom bly in 'n land
waar ons elke geweer registreer.
Kom bly in 'n land met universele
Medicare. Kom bly in 'n land wat
deur die Verenigde Volke as die
beste land aangedui is om in te bly.

Die vraag is, wil ons jou hier
verwelkom as ons jou tweede keuse
is?

Piggy op die Rideau.
Vorige onderwerp: Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel?
Volgende onderwerp: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:32:52 MGT 2024