Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Thomas Augustine Arne (1710 - 78) was 'n Britse komponis wie se opera, Thomas and Sally, en sy oratorium, Judith, in die eerste helfte van die 20ste eeu, nadat hulle meer as ’n eeu lank in die vergetelheid geraak het, met groot welslae weer op die planke gebring is. Sy ongekunstelde liedere, baie waarvan Shakespeare-toonsettings is, bevat etlike juwele, bv. Where the Bee Sucks. Sy seun Michael (1740 -86) se lied The Lass with the delicate Air het ook bly voortleef.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.