Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Armpotiges (Brachiopoda)
Armpotiges [boodskap #125432] Ma, 22 April 2019 16:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lingula anatina van Stradbroke Eiland, Australië
Lingula anatina van Stradbroke Eiland, Australië
Armpotiges (Brachiopoda) is ’n stam (filum) van die diereryk. Armpotiges dateer uit die Kambrium (ca. 550 miljoen jaar gelede) toe hulle baie volop was. Teenswoordig is daar maar 140 soorte. Hulle toon ’n oppervlakkige ooreenkoms met die weekdiere in die opsig dat sommige weekdiere ook tweekleppig is, maar die organismes self is heeltemal verskillend. Armpotiges word meestal op rotse naby die kus aangetref. Die geslag Lingula wat vandag nog bestaan is die oudste lewende geslag van diere - hy bestaan reeds 500 miljoen jaar. Die bekendste Suid-Afrikaanse voorbeeld is Kraussina rubra.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Armenië
Volgende onderwerp: Arne, Thomas Augustine
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 03:57:12 MGT 2024