Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Armenië is 'n land en voormalige republiek van die U.S.S.R. Die hoofstad is Eriwan. Die land lê tussen Klein-Asië en die Kaspiese See. Dit is hoofsaaklik ’n landbouland, maar kan nog veel meer ontwikkel word. Die land besit swawel, nafta, bitumen, salpeter, koper, ens. Tapyte word ook hier vervaardig. Die Armeniërs, oorwegend Christene, is straf deur Turke, Koerde, ens. vervolg, veral tydens die Armeense bloedbad van 1915 tot 1917.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.