Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » land
land [boodskap #125425] Ma, 22 April 2019 09:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
land
Afbreking: land
Uitspraak: /lɑnt/




Selfstandige naamwoord: land
Meervoud: lande
Verkleinwoord: landjie
Meervoud van verkleining: landjies

Betekenis:
• Ryk of staat; vaderland.
• Gedeelte van die aarde wat nie met water bedek is nie.
• Grond wat omgeploeg word om plante te plant of saad te saai; akkerland.

Gebruik:
• Suid-Afrika is 'n land aan die suidpunt van Afrika.
• By Hermanus kan mens die walvisse van die land af sien.
• Die mielies staan weelderig op die land.

Spreekwoord:
• Hy is lank in die land. [Hy het al baie ondervinding opgedoen.]
• Hy is 'n ou kalant, lank in die land. ['n Skelm, geslepe persoon.]
• Hy lewe van die vet van die land. [Hy lewe in oorvloed.]
• Die land loop oor van melk en heuning. ['n Land waar alles volop is.]
• Hy gesels land en sand aanmekaar. [Oor allerhande dinge aanhoudend gesels.]
• Met jou hoed in die hand, kom 'n mens deur die ganse land. [Deur beleef te wees, kom 'n mens ver.]
• Nog groen koring op die land hê. [Nog jong kinders hê.]
• 'n Profeet word nie in sy eie land geëer nie. [Verdienstelike persoon verdien meer waardering by vreemdes as in sy eie omgewing.]
• In die land van die blindes is eenoog koning. [Onder mense wat niks van iets weet nie, blink die een wat wel so ’n bietjie daarvan weet uit.]

Sinoniem:
• grond
• akker

Antoniem:
• water

Afgelei:
• mielieland
• stoppelland
• tabakland

Vertaling:
Engels: land, field, country, shore
Nederlands: land


Werkwoord: land
Verlede tyd: het geland

Betekenis:
• Om aan land/wal te gaan.
• Om af te kom grond toe.

Gebruik:
• Jan van Riebeeck land op Saterdag 6 April 1652 in Tafelbaai.
• Ons vliegtuig land om 12:00.

Antoniem:
• opstyg

Vertaling:
Engels: to land, disembark
Nederlands: landen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: grootste
Volgende onderwerp: sal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 16:17:36 MGT 2024