Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » werk
werk [boodskap #125417] Ma, 22 April 2019 08:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Standbeeld van 'n plaaswerker wat 'n land bewerk.
Standbeeld van 'n plaaswerker wat 'n land bewerk.
werk
Afbreking: werk
Uitspraak: /ʋɛːrk/




Selfstandige naamwoord: werk
Meervoud: werke
Verkleinwoord: werkie
Meervoud van verkleining: werkies

Betekenis:
• Dit wat 'n mens doen om geld te verdien, of die plek waar jy dit doen; werkplek of beroep.
• 'n Taak wat mat mens doen; arbeid wat jy verrig.
• Die produk van iets wat mens gedoen het; dit wat gemaak is (kunswerk, ens.).

Gebruik:
• Wat se werk wil jy doen as jy groot is? Ek het my kosblik by die werk vergeet.
• Dis my werk om die skottelgoed te was. Dit is jou werk om die troeteldiere kos te gee.
• Die skrywer het talle pryse vir sy werk verower.

Spreekwoord:
• Baie hande maak ligte werk. [As almal help, is 'n taak maklik.]
• Die kroon op die werk sit. [Goeie werk voltooi.]
• Ek het werk tot oor my ore. [Baie werk hê.]
• Hy maak werk daarvan. [Hy pak iets aan.]
• Iemand opsaal met werk. [Iemand baie werk gee.]
• Hy is met hart en siel in sy werk. [Met alle kragte.]
• Hy pluk die vrugte van sy harde werk. [Resultate afwerp.]
• Hulle maak te veel werk van hom. ['n Groot ophef maak van hom.]
• Donkerwerk is konkelwerk. [Werk wat in die donker gedoen is, kan nie goed wees nie.]
• Allemanswerk is niemandswerk. [Werk wat in die algemeen aan 'n groep mense opgedra word, word dan nie gedoen nie.]

Sinoniem:
• arbeid
• beroep
• professie

Hiponiem:
• afskeepwerk
• brouwerk
• donkiewerk
• knoeiwerk
• konkelwerk
• kunswerk
• merkwerk
• ploeterwerk
• roetinewerk
• sleurwerk
• sloofwerk
• speurwerk

Afgelei:
• werkesel
• werkboek
• werkkaart
• werksekerheid
• werksku
• werkwinkel

Vertaling:
Engels: work, labour, trouble
Nederlands: werk


Werkwoord: werk
Verlede tyd: het gewerk
Teenwoordige deelwoord: werkende

Betekenis:
• Iets doen om geld te verdien; ambag beoefen.
• 'n Taak of huiswerk doen; liggaamlik of geestelik inspan.
• Iets doen wat dit moet doen.

Gebruik:
• Jan werk net halfdag.
• Het jy klaar gewerk?
• My selfoon werk nie meer nie.

Spreekwoord:
• Die akkers werk met hom. [Hy is besope.]
• Die mos begin werk. [Die saak begin ontwikkel.]
• Hy doen ander se vuil werk. [Vir ander onsmaaklike dinge doen.]
• Hy werk dag en nag. [Gedurig.]
• Hy werk hom disnis. [Heeltemal te veel.]
• Jou oor 'n mik werk. [Poot-uit werk.]
• Met horte en stote werk. [Op 'n onreëlmatige manier.]
• Met sy gal werk. [Iemand sterk berispe, kwaai bestraf of swaar kasty.]
Werk dat jy die kromme note haal. [Baie hard werk.]
• Wie nie werk nie, sal nie eet nie. [As iemand te lui is om te werk, sal hy gebrek ly.]

Vergelyking:
Werk soos 'n esel.

Antoniem:
• rus

Afgelei:
• afwerk
• saamwerk
• uitwerk

Vertaling:
Engels: to work, effect, use
Nederlands: werken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bestaan
Volgende onderwerp: maak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 09:16:26 MGT 2024