Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » teen
teen [boodskap #125370] Sa, 20 April 2019 16:56
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18999
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
teen
Afbreking: teen
Uitspraak: /tɪən/




Voorsetsel: teen

Betekenis:
• Direk langs (tot by, of teenaan).
• In die teenoorgestelde rigting.
• Vyandig; afkeurend; in stryd met.
• Omstreeks; kort voor.

Gebruik:
• Die man leun teen die muur.
• Hy swem teen die stroom op.
• Sy is teen die gebruik van dwelms.
• Dit sal teen die einde van die maand klaar wees.

Spreekwoord:
• Skop teen die prikkels. [Weerspannig wees.]
• Ek staan met die rug teen die muur. [Daar is geen uitkomkans.]
• Dit stuit my teen die bors. [Dit wek afkeer.]
• Hy gaan teen die stroom in. [Die verloop van sake probeer keer.]
• Hy gooi wal teen die besluit. [Probeer iets keer.]
• Hy kyk teen sy ooglede vas. [Iets wat naby is nie raaksien nie.]
• Jou kop teen 'n muur stamp. ['n Onoorkomelike moeilikheid ondervind.]
• Jou stert teen iemand optel. [Stuurs teen hom wees, parmantig.]
Teen jou neus vaskyk. [Iets nie raaksien nie; onoplettend wees.]
Teen wil en dank. [Teen jou sin.]

Afgelei:
• teenaan
• teenoor
• teenparty
• teenspoed
• teenstander
• teenstrydig
• teenwerking

Vertaling:
Engels: against
Nederlands: tegen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: waar
Volgende onderwerp: baie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 09:16:00 MGT 2024