Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waar
waar [boodskap #125357] Vr, 19 April 2019 15:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waar
Afbreking: waar




Byvoeglike naamwoord: waar
Vergrotende trap: waarder
Oortreffende trap: waarste
Attributief: ware

Betekenis:
• In ooreenstemming met die werklikheid; feitelik en nie opgemaak nie; eg.
• 'n Goeie voorbeeld van hoe iets of iemand moet wees.

Gebruik:
• Is dit waar dat jy die toets gedop het?
• Jy is 'n ware vriend.

Spreekwoord:
• Daar is geen skyntjie van waar nie. [Daar is totaal niks van waar nie.]

Vergelyking:
• So waar soos padda manel dra.
• So waar soos ek leef.

Sinoniem:
• korrek

Antoniem:
• onwaar
• vals

Vertaling:
Engels: true, authentic, indeed
Nederlands: waar, echt


Bywoord: waar

Betekenis:
• Dui 'n plek aan; op watter plek.

Gebruik:
• Weet jy waar my brille is?
Waar het jy die lekkergoed weggesteek?

Spreekwoord:
• Wys waar Dawid die wortels gegraaf het. [Iemand berispe.]
• Ek weet nie waar ek my kop moet insteek nie. [Baie skaam wees.]
• Ek wil weet waar ek aan of af is. [Ek wil weet wat my posisie is]
• Krap waar dit nie jeuk nie. [Jou bemoei met sake wat jou nie aangaan nie.]
• Maai waar jy nie gesaai het nie. [Die voordeel trek van werk wat 'n ander gedoen het.]
• Bloed kruip waar dit nie kan loop nie. [Jou ware aard en afkoms kan nie verborge bly nie.]

Vertaling:
Engels: where
Nederlands: waar


Voegwoord: waar

Betekenis:
• Gee 'n gelyktydigheid en gedeeltelike teenspraak aan.

Gebruik:
Waar sy broer laaste gekom het, kom hy eerste.
Waar Nederland bekommerd is oor Sint Maarten, reken die eiland op sy nuwe status.

Spreekwoord
Waar 'n wil is, is 'n weg. [As 'n mens net wil, kan jy baie doen.]
Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. ['n Mens praat maklik oor iets wat jou baie interesseer.]
Waar 'n rokie is, moet 'n vuurtjie brand. ['n Skinderpraatjie, hoe oordrewe ook al, bevat gewoonlik 'n bietjie waarheid.]

Vertaling:
Engels: whereas, since, while
Nederlands: waar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tussen
Volgende onderwerp: teen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 12:51:12 MGT 2024