Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Aristides (Grieks: Aristeides, 550 - 467 v.C.) was 'n Atheense krygsman en demokratiese staatsman; het by Marathon en Platea geveg; het die status van die arm klasse in hoë mate verbeter; in die uiterste armoede oorlede nadat hy verban was. Toe ’n medeburger wat hom nie herken het nie, hom vra om vir die verbanning van Aristides te stem, het hy gevra: "Waarom wil jy hom laat verban?", "Omdat ek al sat daarvan is om mense hom die Regverdige te hoor noem," was die antwoord.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.