Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » twee
twee [boodskap #125354] Vr, 19 April 2019 14:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
twee
Afbreking: twee
Uitspraak: /tvɪə̯/, /tveə/




Hooftelwoord: twee

Betekenis:
• Die getal 2.
• Een plus een.
• Een meer as een en een minder as drie.

Gebruik:
• Kan ek twee lekkers kry?
• Ek speel twee keer per week krieket.

Spreekwoord:
• Hy loop twee rye spore. [Hy is dronk/ aangeklam.]
• Die kers aan twee kante brand. [Verkwistend met jou kragte te werk gaan.]
• Ek het net twee hande. [Wanneer onredelik baie werk van iemand verwag word.]
• Elke saak het twee kante. [Elke saak kan van twee kante beskou word.]
• Hy is 'n jakkals met twee sterte. [Hy is 'n manteldraaier; tweegesig.]
• Hy sit op twee stoele. [Kies nie party nie; probeer om in albei partye se guns te bly.]
• Hy sit tussen twee vure. [Tussen twee moeilikhede wees.]
• Iemand met twee aangesigte. [Vals wees.]
• 'n Donkie stamp hom twee maal aan dieselfde klip. [Net 'n dom mens maak dieselfde fout.]
• 'n Wors het twee ente. [Elke saak kan van twee kante beskou word.]
Twee honde om een been, die derde loop daarmee heen. [As twee mense om een ding twis, kom dit dikwels in die besit van 'n ander persoon.]
Twee is paar, drie is onpaar. [By 'n verliefde paar is 'n derde persoon 'n oorlas.]
Twee koppe is beter as een. [Twee mense kan beter oor 'n saak besluit as een.]
Twee vlieë in een klap slaan. [Twee voordele met een moeite behaal.]

Verwant:
• tweede

Vertaling:
Engels: two
Nederlands: twee


Selfstandige naamwoord: twee
Meervoud: tweë, twees

Betekenis:
• Die syfer 2.

Gebruik:
• Die twee maak my mal.

Afgelei:
• tweeuur

Vertaling:
Engels: two
Nederlands: twee

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: meer
Volgende onderwerp: toe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 05:37:46 MGT 2024