Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Angiospermae (Bedeksadiges)
Angiospermae [boodskap #125189] Sa, 23 Maart 2019 11:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Angiospermae is ’n afdeling van die Planteryk waaraan die hoogste ontwikkelde plante, die blomplante, behoort (sien Plantkunde). Hulle word gekenmerk deur die aanwesigheid van blomme en deurdat hul sade in ’n omhulsel, die vrugbeginsel, ingesluit is - daarom ook bedeksadiges genoem.

Die Angiospermae word in twee klasse ingedeel:

1. Monokotiele of Eensaadlobbiges, met een saadlob in die saad, parallelarige blare en 3-delige blomme, bv. grasse, lelies, ens.

2. Dikotiele of Tweesaadlobbiges, met twee saadlobbe, netarige blare en 4- of 5-delige blomme, bv. peulplante, roos, sonneblom, eik ens.

Die bedeksadiges maak saam met die naaksadiges (Gymnospermae) die groep plante uit wat sade voortbring. Bedeksadiges verskil egter van naaksadiges deurdat hulle blomme dra en ingeslote saadknoppe het. Naaksadiges daarteenoor, dra naakte sade in keëls of aan oop strukture.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Angers
Volgende onderwerp: Angola
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 19:38:52 MGT 2024