Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Angola
Angola [boodskap #125191] So, 24 Maart 2019 18:02
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kaart van Angola.
Kaart van Angola.
Angola is republiek noord van Namibië (Suidwes-Afrika) asook ’n voormalige Portugese oorsese provinsie. Ná Angola se onafhanklikwording in 1975 was die land tot 2002 in 'n burgeroorlog gedompel. In die oorlog het die Sowjetunie en Kuba die kommunisties gesinde MPLA ondersteun, terwyl Suid-Afrika en die VSA die anti-kommunistiese Unita gesteun het.

Luanda is die hoofstad en 'n belangrikste hawe. Lobito, ’n ander hawe meer na die suide, is per spoorweg met die Kongo en Zambië (Noord-Rhodesië) verbind. Koper word dus daar uitgevoer. Die vernaamste produkte is koffie, mielies, suiker, sisal en diamante.

In 1876 het ’n aantal Boere uit die Transvaal hulle by Humpata, in die HuDa-distrik gevestig ná die ongelukkige Dorslandtrek.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Angiospermae
Volgende onderwerp: Angostura
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 21:02:00 MGT 2024