Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Uitsig oor Angers.Angers is 'n stad in die weste van Frankryk in die departement Maine-et-Loire, ongeveer 300 km suidwes van Parys. Die stad stam uit die Romeinse tyd en is op die oewers van die Maine gebou. Die wyk langs die rivier is bekend vanweë sy bloemmemarkte. Dit was 'n ou hoofstad van die graafskap en voormalige provinsie Anjou.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.