Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Angel-Saksers
Angel-Saksers [boodskap #125186] Sa, 23 Maart 2019 08:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Angel-Saksers is afstammelinge van Germaanse volkstamme wat hulle in Engeland gevestig het ná die terugtrekking van die Romeinse legioene ongeveer 410 n.C. Eers het die Saksers gekom, en in die 5de eeu het die Angele en die Jute hulle by hulle gevoeg; later (ca. 520) het hulle in dorpe gaan woon en uiteindelik die koninkryke Kent, Sussex, Oos-Anglië, Bernicia en Deira, Middlesex, Wessex en Mercia gestig. Die verowering is ca. 613 voleindig, en teen dié tyd was die Romeins-Britse beskawing vernietig. Plaaslike aangeleenthede is op volksvergaderings behandel; boosdoeners het boetes betaal; die vuurproef was algemeen; stamhoofde is onder grafheuwels begrawe; versiersels en wapens van brons en goud is gebruik, en die edelmanne het met tweesnydende swaarde geveg. In die Oud-Engelse (Angel-Saksiese) letterkunde is boeke en gedigte geskrywe van die 7de-llde eeu, soos Beowulf die verhaal van hoe Beowulf die monster Grendel doodgemaak het. As die eerste Engelse lied of gedig kan beskou word een oor die skepping, geskrywe deur Caedmon (oorlede ca. 675), ’n veewagter, volgens die oorlewering geïnspireer deur ’n visioen wat hy in sy slaap in ’n stal gehad het.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Angelier
Volgende onderwerp: Angers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 18:37:15 MGT 2024