Algebra [boodskap #124954] |
Sun, 10 March 2019 06:02 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Algebra is 'n veralgemeende vorm van rekenkunde; vermoedelik het die Egiptenare dit oor die 3,000 jaar gelede gebruik. Die groothede waarmee gewerk word, is nie getalle nie, maar word deur letters voorgestel. Algebra (stelkunde of letterrekening) word gebruik om rekenkundige probleme op te los en om die fundamentele wette te ontdek wat op alle hoeveelhede van toepassing is. Dit maak gebruik van uiters belangrike beginsels wat ver buite die grense van die rekenkunde lê.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|