Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aleoete (Aleoetiese Eilande)
Aleoete [boodskap #124942] Sa, 09 Maart 2019 08:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Aleoetiese Eilande.
Die Aleoetiese Eilande.
Die Aleoete (Aleoetiese Eilande) is 'n groep van ongeveer 150 eilande wat in ’n boog wes van Alaska lê. Dit vorm 'n ketting van eilande tussen die vasteland van Noord-Amerika en Asië in die Stille Oseaan en vorm die langste argipel ter wêreld. Dit was voor 1867 as die Catharina-argipel bekend. Dit is egter meestal kaal rots, sommige met werkende vulkane. Die bewoners is van Eskimo-afkoms. Die eilande was die toneel van gevegte tussen die V.S.A. en Japan in Wêreldoorlog II en is van strategiese waarde.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aleksandryn
Volgende onderwerp: Aleppo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:19:37 MGT 2024