Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Alchemie
Alchemie [boodskap #124929] Do, 07 Maart 2019 06:32
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die alchemis Joseph Wright.
Die alchemis Joseph Wright.
Alchemie is die onwetenskaplike chemie van die Middeleeue, soms verbonde met geloof in die towerkuns. Die eerste alchemiste was Egiptenare, Grieke, Arabiere; later is die alchemie ook in Brittanje en Duitsland beoefen en is daar gesoek na die sg. Steen van die wyse, wat alle onedele metale (bv. lood of yster) in goud sou verander; en ook na die lewenselikser, ’n vloeistof wat ewigdurende jeug sou verseker. Alchemiste het geglo dat die planete metale beïnvloed.

Roger Bacon; Albertus Magnus, Duitse geleerde van die 13de eeu; Paracelsus (oorl. 1541); Thomas van Aquino; sir George Ripley en dr. Dee was almal bekende alchemiste. Die alchemiste het in hulle proefneminge toevallig baie nuttige ontdekkings gedoen en was baanbrekers van die moderne skeikunde.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Alcatraz
Volgende onderwerp: Alcibiades
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 07:46:07 MGT 2024