Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aksyns
Aksyns [boodskap #124891] So, 03 Maart 2019 10:04
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Aksyns is belasting wat deur die produsente van sekere goedere betaal moet word wanneer hulle hul produkte verkoop. Dit verhoog die koste van die produk en die prys vir die publiek. Indien die vraag na die produk enigsins elasties is, d.w.s. as die hoeveelheid wat aangevra word verminder of vermeerder wanneer die prys verhoog of verlaag word, sal die verbruik van die artikel waarop die aksynsregte gehef word, verminder. Op hierdie manier kan die staat nie alleen inkomste verkry nie, maar ook die verbruik van goedere en dienste laat verander na gelang van omstandighede. Tipiese goedere waarop aksyns gehef word (o.a. in Suid-Afrika) is spiritualieƫ, sekere wyne, bier, tabak en sigarette, motorbrandstof, motorbande en vuurhoutjies.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aksioma
Volgende onderwerp: Akte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:39:02 MGT 2024